Clube de Regatas do Flamengo

Flamengo is 'n Brasiliaanse sokkerklub in Rio de Janeiro, wat in die Brasiliaanse Serie A speel. Die span se tuisveld is die Estádio do Maracanã (met 'n kapasiteit van 77 000 plekke), wat hulle deel met Botafogo en hul ewige mededinger Fluminense. Die derby tussen hierdie spanne staan bekend as Fla-Flu en is moontlik die strafste in Brasilië.

Flamengo
Volle naamClube de Regatas do Flamengo
Stigting15 November 1895
TuisveldEstádio do Maracanã,
Rio de Janeiro
Kapasiteit77 000
VoorsitterVlag van Brasilië Rodolfo Landim
AfrigterVlag van Portugal Vítor Pereira
LigaBrasiliaanse Serie A
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

Flamengo is vernoem na die wyk Flamengo in Rio de Janeiro, wat weer na die Vlaminge vernoem is. Die klub is aanvanklik vir roei gestig, maar nadat 'n paar spelers van Fluminense in 1911 met die bestuur gebots het, het hulle afgestig van Flu en by Fla aangesluit om daar ook 'n sokkerafdeling op die been te bring.

Erelys

  • Kampioen Brasilië (8)
1980, 1982, 1983, 1987, 1992, 2009, 2019,2020
  • Copa do Brasil (4)
1990, 2006, 2013 , 2022
(naaswenner (3): 1997, 2003, 2004)
  • Copa dos campeões (1)
2001
  • Copa Libertadores (3)
1981, 2019, 2022
  • Wêreldbeker vir Klubs (1)
1981

Beroemde sokkerspelers

  • Romário
  • Ronaldinho
  • Sócrates