Eos

Eos (Grieks: Ἠώς of Ἕως) was in die Griekse mitologie uit die tweede geslag Titane. Sy was die verpersoonliking van die daeraad.

Eos
Eos, deur Evelyn De Morgan (1895)
Eos, deur Evelyn De Morgan (1895)
NaamEos
Godin vanDie Daeraad
BlyplekHemel
ManAstraios
OuersHuperion en Teia
Broers, sustersHelios, Selene
KindersAnemoi
Romeinse eweknieAurora

Eos was die dogter van die Titane Huperion en Teia of Pallas en Styx en die suster van Helios (son) en Selene (maan). Die drie se name was ook die algemene Griekse name vir daeraad, son en maan.

Volgens Hesiodos[1] het sy twee kinders by Titonos gehad, Memnon en Emation.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Eos

Eksterne skakels