Federale stede van Rusland

Die Russiese Federasie is opgedeel in 85 federale deelgebiede, waarvan 3 federale stede is: Moskou, Sewastopol en Sint Petersburg. Hierdie stede is deelgebiede uit eie reg en is nie soos ander stede deel van ’n groter deelgebied nie.

Kaart#KodeISO-kodeNaamVlagWapenFederale distikEkonomiese distrikOppervl. (km²)[1]Bevolking
177MOWMoskouSentraleSentrale1 10010 382 754
278SPESint PetersburgNoordwestelikeNoordwestelike1 4394 662 547
392GeenSewastopolKrim(nie ingedeel nie)864379 200

2014-ontwikkeling

Op 18 Maart 2014 het die Krim en Sewastopol ná ’n referendum by Rusland aangesluit[2] en het Sewastopol Rusland se derde federale stad geword.[2] ’n Groot deel van die internasionale gemeenskap en die regering van die Oekraïne erken nie Sewastopol as deel van Rusland nie, maar beskou dit steeds as deel van die Oekraïne.[3]

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Federal cities of Russia