Federale deelgebiede van Rusland

Rusland is ’n federasie wat bestaan uit verskeie federale deelgebiede (Russies: субъект(ы); soebjekt(i)). Sedert 18 Maart 2014 is daar 85 federale deelgebiede,[1] hoewel die twee mees onlangse gebiede wat bygevoeg is, internasionaal as deel van die Oekraïne beskou word.[2][3] Rusland se deelgebiede het gelyke verteenwoordiging in die staatsdoema (2 afgevaardigdes per deelgebied), maar verskil in outonomie. Dit moet nie verwar word met Russiese federale distrikte nie.

Ses kategorieë

Rusland onderskei die volgende ses kategorieë (soos op 18 Maart 2014):

  1. 22 republieke (Russies: республики) - teoreties outonoom. Elk van die republieke het ’n eie grondwet, president en parlement en is ’n tuisland vir ’n spesifieke etniese minderheid. In 2000 is die regte van hierdie gebiede egter weer ietwat ingeperk, onder meer deur die oorloë in Tsjetsjnië.
  2. 9 krais (distrikte) (Russies: края) - polities gelykstaande aan oblaste, maar yler bevolk.
  3. 46 oblaste (provinsies) (Russies: области) - die standaard-provinsies met ’n goewerneur wat deur die president aangewys word en plaaslik verkose wetgewende organe.
  4. 3 federale stede (stede van die federale betekenis) (Russies: города федерального значения) - aparte gebiede vir drie stede (Moskou, Sint Petersburg en Sewastopol). Vergelykbaar met oblaste.
  5. 1 outonome oblast (Russies: автономная область) – die tuisland wat deur Josef Stalin aangewys is vir Jode is ’n oorblyfsel van die staatkundige indeling van die Sowjetunie en die enigste oblast wat naas Russies ook ’n ander amptelike taal het (Jiddisj). Die Joodse bevolking in die gebied het egter baie afgeneem en maak nou net ’n klein deel van die bevolking uit.
  6. 4 outonome okroegs (Russies: автономные округа) – gebiede van etniese minderhede wat binne oblaste geleë is. Dié volke is gewoonlik klein en het minder outonomie as die outonome republieke, maar meer as die oblaste.

██ Republieke██ Krais ██ Oblaste██ Federale stede██ Outonome oblast██ Outonome okroegs

Federale deelgebiede

In die onderstaande tabel is al die federale deelgebiede met hul hoofstad, federale distrik en ekonomiese streek. Hulle is in dieselfde volgorde as in die Grondwet van die Russiese Federasie: republieke, krais, oblaste, federale stede, outonome oblast en outonome okroegs. In dié kategorieë word elke deelgebied alfabeties gerangskik volgens hul Russiese name in die Cyrilliese alfabet.

No.DeelgebiedeVlagWapenOpper-
vlakte
(км²)
Inwoners
(2010-sensus)
HoofstadFederale distrikEkonomiese streek
    Republieke
01Adigea (Адыгея) 7 800440 400Maikop (Майкоп)SuidNoord-Kaukasus
02Altai (Алтай) 92 900206 200Gorno-Altaisk (Горно-Алтайск)SiberiëWes-Siberië
03Basjkortostan (Башкортостан) 142 9004 072 100Oefa (Уфа)WolgaOeral
04Boerjatië (Бурятия) 351 300972 700Oelan-Oede (Улан-Удэ)SiberiëOos-Siberië
05Dagestan (Дагестан) 50 3002 977 400Machatsjkala (Махачкала)Noord-KaukasusNoord-Kaukasus
06Ingoesjetië (Ингушетия) 3 600413 000Magas (Магас)Noord-KaukasusNoord-Kaukasus
07Kabardino-Balkarië (Кабардино-Балкарская) 12 500859 800Naltsjik (Нальчик)Noord-KaukasusNoord-Kaukasus
08Kalmikië (Калмыкия) 74 700289 400Elista (Элиста)SuidWolga
09Karatsjai-Tsjerkessië (Карачаево-Черкесская) 14 300478 500Tsjerkessk (Черкесск)Noord-KaukasusNoord-Kaukasus
10Karelië (Карелия) 180 500645 200Petrozawodsk (Петрозаводск)NoordwesNoord
11Komi (Коми) 416 800901 600Siktifkar (Сыктывкар)NoordwesNoord
12Mari El (Марий-Эл) 23 400696 300Josjkar-Ola (Йошкар-Ола)WolgaWolga-Wjatka
13Mordowië (Мордовия) 26 100834 800Saransk (Саранск)WolgaWolga-Wjatka
14Sacha (Jakoetië) (Саха (Якутия)) 3 083 500958 300Jakoetsk (Якутск)Verre-OosteVerre-Ooste
15Noord-Ossetië-Alanië (Северная Осетия — Алания) 8 000712 900Wladikafkaz (Владикавказ)Noord-KaukasusNoord-Kaukasus
16Tartarstan (Татарстан) 67 8003 786 400Kazan (Казань)WolgaWolga
17Tiwa (Тыва) 168 600307 900Kizil (Кызыл)SiberiëWes-Siberië
18Oedmoertië (Удмуртская) 42 1001 522 700Izjefsk (Ижевск)WolgaOeral
19Chakassië (Хакасия) 61 600532 300Abakan (Абакан)SiberiëWes-Siberië
20Tsjetsjnië (Чеченская) 15 6001 269 100Grozni (Грозный)Noord-KaukasusNoord-Kaukasus
21Tsjoewasjië (Чувашия) 18 3001 251 600Tsjeboksari (Чебоксары)WolgaWolga-Wjatka
    Krais
22Altai (Алтайский) 168 0002 419 400Barnaoel (Барнаул)SiberiëWes-Siberië
23Zabaikalski (Забайкальский) 431 5001 106 600Tsjita (Чита)SiberiëOos-Siberië
24Kamtsjatka (Камчатский) 464 300321 800Petropawlofsk-Kamtsjatski (Петропавловск-Камчатский)Verre-OosteVerre-Ooste
25Krasnodar (Краснодарский) 75 5005 225 800Krasnodar (Краснодар)SuidNoord-Kaukasus
26Krasnojarsk (Красноярский) 2 366 6002 828 200Krasnojarsk (Красноярск)SiberiëOos-Siberië
27Perm (Пермский) 160 2002 635 800Perm (Пермь)WolgaOeral
28Primorski (Приморский) 164 7001 956 400Wladiwostok (Владивосток)Verre-OosteVerre-Ooste
29Stawropol (Ставропольский) 66 2002 786 100Stawropol (Ставрополь)Noord-KaukasusNoord-Kaukasus
30Chabarofsk (Хабаровский) 787 6001 344 200Chabarofsk (Хабаровск)Verre-OosteVerre-Ooste
    Oblaste
31Amoer (Амурская) 361 900829 200Blagowesjtsjensk (Благовещенск)Verre-OosteVerre-Ooste
32Archangelsk (Архангельская) 589 9001 228 100Archangelsk (Архангельск)NoordwesNoord
33Astrachan (Астраханская) 49 0001 010 700Astrachan (Астрахан)SuidWolga
34Belgorod (Белгородская) 27 1001 532 700Belgorod (Белгород)SentraalSentraal-Tsjernozjom
35Brjansk (Брянская) 34 9001 278 100Brjansk (Брянск)SentraalSentraal
36Wladimir (Владимирская) 29 1001 444 600Wladimir (Владимир)SentraalSentraal
37Wolgograd (Волгоградская) 112 9002 611 200Wolgograd (Волгоград)SuidWolga
38Wologda (Вологодская) 144 5001 202 300Wologda (Вологда)NoordwesNoord
39Woronezj (Воронежская) 52 2002 335 800Woronezj (Воронеж)SentraalSentraal-Tsjernozjom
40Iwanowo (Ивановская) 21 4001 062 600Iwanowo (Иваново)SentraalSentraal
41Irkoetsk (Иркутская) 775 3002 428 700Irkoetsk (Иркутск)SiberiëOos-Siberië
42Kaliningrad (Калининградская) 15 100941 500Kaliningrad (Калининград)NoordwesNoordwes
43Kaloega (Калужская) 29 8001 011 600Kaloega (Калуга)SentraalSentraal
44Kemerowo (Кемеровская) 95 7002 763 400Kemerowo (Кемерово)SiberiëWes-Siberië
45Kirof (Кировская) 120 4001 341 300Kirof (Киров)WolgaWolga-Wjatka
46Kostroma (Костромская) 60 200667 500Kostroma (Кострома)SentraalSentraal
47Koergan (Курганская) 71 500910 900Koergan (Курган)OeralOeral
48Koersk (Курская) 30 0001 126 500Koersk (Курск)SentraalSentraal-Tsjernozjom
49Leningrad (Ленинградская) 83 9001 712 700Sint Petersburg (Санкт-Петербург)[4]SentraalSentraal-Tsjernozjom
50Lipetsk (Липецкая) 24 0001 172 800Lipetsk (Липецк)SentraalSentraal-Tsjernozjom
51Magadan (Магаданская) 462 500157 000Magadan (Магадан)Verre-OosteVerre-Ooste
52Moskou (Московская) 45 8007 092 900Moskou (Москва)[5]SentraalSentraal
53Moermansk (Мурманская) 144 900796 100Moermansk (Мурманск)NoordwesNoord
54Nizjni Nowgorod (Нижегородская) 76 6003 310 600Nizjni Nowgorod (Нижний Новгород)WolgaWolga-Wjatka
55Nowgorod (Новгородская) 54 500634 100Weliki Nowgorod (Великий Новгород)NoordwesNoordwes
56Nowosibirsk (Новосибирская) 177 8002 665 900Nowosibirsk (Новосибирск)SiberiëWes-Siberië
57Omsk (Омская) 141 1001 977 500Omsk (Омск)SiberiëWes-Siberië
58Orenburg (Оренбургская) 123 7002 032 900Orenburg (Оренбург)WolgaOeral
59Orjol (Орловская) 24 700787 200Orjol (Орёл)SentraalSentraal
60Penza (Пензенская) 43 4001 386 200Penza (Пенза)WolgaWolga
61Pskof (Псковская) 55 400673 500Pskof (Псков)NoordwesNoordwes
62Rostof (Ростовская) 101 0004 279 200Rostof aan die Don (Ростов-на-Дону)SuidNoord-Kaukasus
63Rjazan (Рязанская) 39 6001 154 200Rjazan (Рязан)SentraalSentraal
64Samara (Самарская) 53 6003 215 700Samara (Самара)WolgaWolga
65Saratof (Саратовская) 101 2002 521 800Saratof (Саратов)WolgaWolga
66Sachalin (Сахалинская) 87 100497 900Joezjno-Sachalinsk (Южно-Сахалинск)Verre-OosteVerre-Ooste
67Swerdlofsk (Свердловская) 194 3004 298 000Jekaterinburg (Екатеринбург)OeralOeral
68Smolensk (Смоленская) 49 800985 500Smolensk (Смоленск)SentraalSentraal
69Tambof (Тамбовская) 34 5001 092 400Tambof (Тамбов)SentraalSentraal-Tsjernozjom
70Twer (Тверская) 84 2001 353 500Twer (Тверь)SentraalSentraal
71Tomsk (Томская) 314 4001 045 500Tomsk (Томск)SiberiëWes-Siberië
72Toela (Тульская) 25 7001 553 900Toela (Тула)SentraalSentraal
73Tjoemen (Тюменская) 1 464 2003 395 200Tjoemen (Тюмень)OeralWes-Siberië
74Oeljanofsk (Ульяновская) 37 2001 292 200Oeljanofsk (Ульяновск)WolgaWolga
75Tsjeljabinsk (Челябинская) 88 5003 478 600Tsjeljabinsk (Челябинск)OeralOeral
76Jaroslawl (Ярославская)] 36 2001 272 500Jaroslawl (Ярославль)SentraalSentraal
    Federale stede
77Moskou (Москва) 110011 514 300Moskou (Москва)SentraalSentraal
78Sint Petersburg (Санкт-Петербург) 14004 848 700Sint Petersburg (Санкт-Петербург)NoordwesNoordwes
    Outonome Oblast
79Joodse Outonome Oblast (Еврейская автономная область) 36 300176 600Birobidzjan (Биробиджан)Verre-OosteVerre-Ooste
    Outonome okroegs
80Nenetsië (Ненецкий автономный округ) 176 80042 700Narjan-Mar (Нарьян-Мар)NoordwesNoord
81Chanto-Mansië (Ханты-Мансийский автономный округ) 534 8001 532 000Chanti-Mansijsk (Ханты-Мансийск)OeralWes-Siberië
82Tsjoekotka (Чукотский автономный округ) 721 50050 500Anadir (Анадырь)Verre-OosteVerre-Ooste
83Jamalië (Ямало-Ненецкий автономный округ) 769 300522 800Salechard (Салехард)OeralWes-Siberië
    Bygevoeg op 18 Maart 2014
84Krim (Крым) 26 1001 973 185Simferopol (Симферополь)
85Sewastopol (Севастополь) 864379 200Sewastopol (Севастополь)
 
Hele Rusland (Вся Россия) 17 098 200142 905 200Moskou

Ligging van die deelstate

Republieke

22 republieke:

1. Adigea
2. Altai
3. Basjkortostan
4. Boerjatië
5. Kalmikië
6. Karelië
7. Dagestan
8. Ingoesjetië
9. Kabardino-Balkarië
10. Karatsjai-Tsjerkessië
11. Chakassië

12. Komi
13. Mari El
14. Mordowië
15. Noord-Ossetië
16. Jakoetië
17. Tartarstan
18. Tiwa
19. Tsjetsjnië
20. Tsjoewasjië
21. Oedmoertië
22. Krim

Oblaste

46 oblaste:

1. Amoer
2. Archangelsk
3. Astrachan
4. Belgorod
5. Brjansk
6. Tsjeljabinsk
7. Tsjita
8. Irkoetsk
9. Iwanowo
10. Kaliningrad
11. Kaloega
12. Kemerowo
13. Kirof
14. Kostroma
15. Koergan
16. Koersk

17. Leningrad
18. Lipetsk
19. Magadan
20. Moskou (oblast)
21. Moermansk
22. Nizjni Nowgorod
23. Nowgorod
24. Nowosibirsk
25. Omsk
26. Orenburg
27. Orjol
28. Penza
29. Pskof
30. Rostof
31. Rjazan
32. Sachalin

33. Samara
34. Saratof
35. Smolensk
36. Swerdlofsk
37. Tambof
38. Tomsk
39. Twer
40. Toela
41. Tjoemen
42. Oeljanofsk
43. Wladimir
44. Wolgograd
45. Wologda
46. Woronezj
47. Jaroslawl

Krais

9 krais:

1. Altai (krai)
2. Kamtsjatka
3. Chabarofsk
4. Krasnodar
5. Krasnojarsk

6. Perm
7. Primorski
8. Stawropol
9. Zabaikalski

Federale stede

3 federale stede:

1. Moskou
2. Sint Petersburg
3. Sewastopol

Outonome oblast

1 outonome oblast, die Joodse Outonome Oblast:

Outonome okroegs

4 outonome okroegs:

1. Tsjoekotka
2. Chanto-Mansië
3. Nenetsië
4. Jamalië

Verwysings

Eksterne skakels