Göttingen

Göttingen is 'n stad in die suide van die Duitse deelstaat Nedersakse met 'n bevolking van 116 052 in 2011. Göttingen het 'n lang tradisie as universiteitsstad en is die setel van talle akademiese en navorsingsinstellings.

Göttingen

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Nedersakse
 Koördinate51°32′N 9°56′O / 51.533°N 9.933°O / 51.533; 9.933
 Stigting (eerste verwysing)953
 Stadstatus1230
 Oppervlakte: 
 - Totaal116,89 vk km
 Hoogte bo seevlak150 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2011)116 052[1]
 - Bevolkingsdigtheid993/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterRolf-Georg Köhler (SPD)
 Amptelike Webwerfgoettingen.de

Na Hannover, Brunswyk (Braunschweig), Osnabrück, Oldenburg en Wolfsburg is Göttingen die sesde grootste stad in Nedersakse. Die stad was tot in 1964 selfregerend en is daarna by die distrik Göttingen ingesluit. Dit fungeer as dié stad se administratiewe setel, maar geniet tegelykertyd nog alle voorregte van selfregerende stede.

Verwysings