Gary Oldman

Gary Leonard Oldman[1] (gebore op 21 Maart 1958)[2] is ’n Britse akteur, rolprentmaker, musikant en skrywer. Hy is bekend vir sy "groot" toneelspelstyl en is een van die mees gevierde akteurs van sy generasie, met ’n veelsydige loopbaan wat die teater, rolprente en televisie insluit.

Gary Oldman
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Oldman in 2014.

GeboortenaamGary Leonard Oldman
Geboorte21 Maart 1958 (1958-03-21) (66 jaar oud)
Londen, Engeland
Aktiewe jare1979-tans

Loopbaan

Oldman het in 1979 op die verhoog begin toneelspeel en het sy eerste rolprentrol in 1983 in Meantime gekry. Hy het steeds in teaters verskyn, in onder meer The Massacre at Paris (1980), Entertaining Mr Sloane (1983), Saved (1983), Women Beware Women (1986) en Hamlet (1987). Ná sy uitbeelding van Sid Vicious en Joe Orton in onderskeidelik die biografiese rolprente Sid and Nancy (1986) en Prick Up Your Ears (1987), het die bekroonde resensent Roger Ebert hom "die beste jong Britse akteur" genoem. Vir laasgenoemde rol het Oldman sy eerste Bafta-benoeming gekry. Rolle in The Firm (1989) en Rosencrantz & Guildenstern Are Dead (1990) het hom verder gevestig as ’n briljante akteur.

Oldman was ook te sien in State of Grace (1990) as ’n Iers-Amerikaanse bendelid, in JFK (1991) as Lee Harvey Oswald en in Bram Stoker's Dracula (1992) as Dracula; vir laasgenoemde het hy die Saturn-prys vir beste akteur gewen. Hy het veral naam gemaak met die uitbeelding van skurke, soos in Léon: The Professional (1994). Van sy ander prente was True Romance (1993), The Fifth Element (1997), Air Force One (1997) en The Contender (2000), waarvoor hy ’n Screen Actors Guild Award vir beste manlike byspeler gewen het. Hy was ook Beethoven in Immortal Beloved (1994). In die 21ste eeu was hy in prente soos die Harry Potter-reeks, The Dark Knight-trilogie, Tinker Tailor Soldier Spy (2011), waarvoor hy vir ’n Oscar en Bafta vir beste akteur benoem is, en Dawn of the Planet of the Apes (2014).

Pryse en benoemings

Van Gary Oldman se belangrikste pryse en benoemings is:

Oscars

JaarWerkKategorieUitslag
2012Tinker Tailor Soldier SpyBeste akteurBenoem

Baftas

JaarWerkKategorieUitslag
1988Prick Up Your EarsBeste akteur in ’n hoofrolBenoem
1998Nil by MouthBeste Britse rolprentGewen
Oorspronklike draaiboekGewen
2012Tinker Tailor Soldier SpyBeste akteur in ’n hoofrolBenoem
2018Darkest HourIn afwagting

Golden Globes

JaarWerkKategorieUitslag
2018Darkest HourBeste akteur in ’n dramaprentGewen

Screen Actors Guild Awards

JaarWerkKategorieUitslag
2001The ContenderUitmuntende spel deur ’n akteur in ’n byrolBenoem
2018Darkest HourUitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrolIn afwagting

Verwysings

Eksterne skakels