Guido Westerwelle

Duitse politikus

Guido Westerwelle (* 27 Desember 1961 in Bad Honnef; † 18 Maart 2016 in Keulen) was 'n Duitse politikus. Hy het tussen 1994 en 2001 die amp van sektretaris-generaal van Duitsland se liberale Freie Demokratische Partei (FDP) en tussen 2001 en 2011 dié van partyleier beklee. Tussen 2006 en 2009 het Guido Westerwelle daarnaas ook as opposisieleier in die Duitse parlement, die Bundestag, gefungeer.

Guido Westerwelle
Guido Westerwelle
Guido Westerwelle in 2013

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
28 Oktober 2009 – 17 Desember 2013
Eerste ministerAngela Merkel
Voorafgegaan deurFrank-Walter Steinmeier
Opgevolg deurFrank-Walter Steinmeier

Vise-Kanselier van Duitsland
Ampstermyn
28 Oktober 2009 – 16 Mei 2011
Eerste ministerAngela Merkel
Voorafgegaan deurFrank-Walter Steinmeier
Opgevolg deurPhilipp Rösler

Leier van die Vrye Demokratiese Party
Ampstermyn
4 Mei 2001 – 13 Mei 2011
Voorafgegaan deurWolfgang Gerhardt
Opgevolg deurPhilipp Rösler

Lid van die Bundestag
Ampstermyn
1996 – 2013

Persoonlike besonderhede
Gebore(1961-12-27)27 Desember 1961
Bad Honnef, Wes-Duitsland (nou Duitsland)
Sterf18 Maart 2016 (op 54)
Keulen, Duitsland
Politieke partyFDP
Eggenoot/-noteMichael Mronz
Alma materUniversiteit van Bonn
Universiteit van Hagen
Handtekening

Vanaf Oktober 2009 tot Desember 2013 het Westerwelle in die tweede kabinet van die Duitse Bondskanselier Angela Merkel as Minister van Buitelandse Sake gedien. Vanaf Oktober 2009 tot 16 Mei 2011 was hy ook Vise-Kanselier.

Eksterne skakels