Hongwu

Hongwu (21 Oktober 1328 – 24 Junie 1398) was die stigter en eerste keiser van die Ming-dinastie in China. Sy persoonlike naam was Zhu Yuanzhang (voorheen Chu Yuan-chang of Tsjoe Joean-tsjang).

Hongwu
Keiser van die Ming-dinastie
DinastieMing (Huis van Zhou)
Bewind23 Januarie 136824 Junie 1398
Gebore(1328-10-21)21 Oktober 1328
Anhui, Yuan-ryk
Gesterf24 Junie 1398 (op 69)
Nanjing, Ming-ryk
Ming Xiaoling-mausoleum, Nanjing
VoorgangerDinastie gestig
OpvolgerJianwen
GadeXiaocigao
VaderZhu Shizhen
MoederChen Erniang
Hongwu
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees  洪武帝
PinyinHóngwǔ dì
Wade-GilesHung2-wu3 ti4
KantoneesHùhng-móuh dai
JyutpingHung4-mou5 dai3

In die middel van die 14de eeu is China geteister deur hongersnood, peste en opstande. Zhu Yuanzhang het ’n leër op die been gebring wat China verower en ’n einde aan die Mongoolsbeheerde Yuan-dinastie gebring het. Hy het die Mongole gedwing om na die Sentraal-Asiatiese steppe terug te val en het die Ming-dinastie begin 1368 gestig. Later in die jaar het sy magte die Yuan-hoofstad, Khanbaliq (moderne Beijing), binnegeval.

Hongwu het net sy familie vertrou en het sy talle seuns magtige feodale prinse aan die noordelike vleilande en die Yangtze-vallei gemaak.[1] Hy het sy kleinseun, Jianwen, as sy opvolger aangewys. Jianwen se bewind het nie lank geduur nie, want sy pogings om sy ooms in toom te hou het daartoe gelei dat een van hulle, Yongle, die bewind oorgeneem het.[2]

Die meeste van die historiese terreine wat met Hongwu verband hou, is in Nanjing, die oorspronklike hoofstad van die Ming-dinastie.

Verwysings

Eksterne skakels