Moses Mabhidastadion

Die Moses Mabhidastadion is 'n stadion in Durban, Suid-Afrika, wat na Moses Mabhida, 'n voormalige sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, genoem is. Dit is deur die multinasionale Amerikaanse ingenieursonderneming AECOM ontwerp.[1]

Moses Mabhidastadion
Die Moses Mabhida-stadion in 2014

LiggingDurban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Koördinate29°49′44″S 31°01′49″O / 29.82889°S 31.03028°O / -29.82889; 31.03028 31°01′49″O / 29.82889°S 31.03028°O / -29.82889; 31.03028
EienaareThekwini (Durban Metropolitaanse UniCity)
Kapasiteit54 000
OppervlakGras
Konstruksie
Gebou2006
Geopen28 November 2009
BoukosteR3,4 miljard
($450 miljoen)
ArgitekGerkan, Marg and Partners Theunissen Jankowitz Durban, Ambro-Afrique Consultants, Osmond Lange Architects & Planners, NSM Designs, Mthulisi Msimang
Huurders
AmaZulu FC
Proteas
Statebondspele 2022

Dit was een van die gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die stadion het tydens die Sokker-Wêreldbeker 'n kapasiteit van 62 760 gehad.[2] Die stadion is aangrensend aan die Kings Park-stadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut, en 'n treinstasie.

Fotogalery

Wedstryde

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
13 Junie 201020:30  Duitsland4–0  AustraliëGroep D62 660
16 Junie 201016:00  Spanje0–1  SwitserlandGroep H62 453
19 Junie 201013:30  Nederland1–0  JapanGroep E62 010
22 Junie 201020:30  Nigerië2–2  Suid-KoreaGroep B61 874
25 Junie 201016:00  Brasilië0–0  PortugalGroep G62 712
28 Junie 201016:00  Nederland2–1  SlowakyeAgtste eindrondte61 962
7 Julie 201020:30  Duitsland0–1  SpanjeHalfeindronde60 960

Afrikanasiesbeker 2013

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
23 Januarie 2013  Suid-Afrika2–0  AngolaGroep A50 000
23 Januarie 2013  Kaap Verde1–1  MarokkoGroep A25 000
27 Januarie 2013  Suid-Afrika2–2  MarokkoGroep A45 000
28 Januarie 2013 DR Kongo1–1  MaliGroep B8 000
2 Februarie 2013  Suid-Afrika1–1 (1–3 n.S.)  MaliKwarteindronde45 000
6 Februarie 2013  Mali1–4  NigeriëHalfeindronde54 000

Krieket

'n Buiteaansig van die Moses Mabhidastadion in 2016
Span (A)Span (B)WennerTellingJaarToeskouers
Suid-Afrika Indië IndiëMet 21 lopies201169 000

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels