Kritiek bedreigde spesie

’n Kritiek bedreigde spesie is ’n spesie wat op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, aangedui word as hoogs waarskynlik om in die natuur uit te sterf.[1] Daar is tans 2 129 diere en 1 821 plante wat as "Kritiek bedreig" geklassifiseer is, in vergelyking met 1998 se syfers van 854 en 909 onderskeidelik.[2]

Bewaringstatus
Risiko om uit sterf
Uitgestorwe

Uitgestorwe
Uitgestorwe in die natuur

Bedreig

Kritiek bedreig
Bedreig
Kwesbaar

Laer risiko

Byna bedreig
Veilig

Sien ook

Internasionale bewaringsunie
IUBN-rooilys

Omdat die rooilys nie ’n spesie as "Uitgestorwe" klassifiseer voordat uitgebreide opnames gedoen is nie, kan plante en diere op die lys van kritiek bedreigde spesies reeds uitgestorwe wees. ’n Nuwe kategorie, "Moontlik uitgestorwe", is al voorgestel vir sulke spesies.

Verwysings

Eksterne skakels