Fanerosoïkum

Huidige geologiese eon

Die Fanerosoïkum of Fanerosoïese Eon is die huidige geologiese eon, die een waarin die dierelewe volop is. Dit strek oor sowat 542 miljoen jaar, vanaf die tyd dat uiteenlopende hardedopdiere hul verskyning gemaak het. Die naam is afgelei van die Antieke Griekse woorde φανερός en ζωή, wat beteken "sigbare lewe", omdat eens geglo is dat lewe begin het in die Kambrium, die eerste geologiese periode van hierdie eon. Die tyd voor die Fanerosoïkum word die Prekambrium genoem.

Die Fanerosoïkum word gekenmerk deur die vinnige ontstaan van verskeie diere-filums, die evolusie van dié filums in uiteenlopende vorme, die ontwikkeling van komplekse plante, die evolusie van visse en die ontstaan van insekte en vierpotiges. In dié tyd het plaattektoniek veroorsaak dat die kontinente beweeg en een landmassa, Pangaea, gevorm het wat weer uiteengedryf en die huidige kontinente gevorm het.

Die Fanerosoïkum word verdeel in drie eras: die Paleosoïkum, Mesosoïkum en Kainosoïkum. [1]

Verwysings

Eksterne skakels


  Geologiese eons:    Hadeïese Eon    Argeïese Eon    Proterosoïese Eon    Fanerosoïese Eon  
ProterosoïkumFanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum  Paleosoïese EraMesosoïese EraKainosoïese Era
EdiacariumKambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPermTriasJuraKrytPaleogeenNeogeenKwartêr