Ordovisium

Die Ordovisium is a geologiese periode, die tweede van ses van die Paleosoïese tydvak. Dit strek van 485,4 tot 443,4 miljoen jaar gelede en val tussen die Kambrium en die Siluur. Die Ordovisium is genoem na ’n Keltiese stam en is in 1879 deur Charles Lapworth gedefinieer nadat volgelinge van Adam Sedgwick en Roderick Murchison dieselfde rotse in onderskeidelik die Kambrium en die Siluuur geplaas het. Lapworth het besef die fossiele in die strata verskil van albei periodes, en het hulle toe in ’n aparte periode geplaas. Die periode is in 1960 amptelik aanvaar deur die Internasionale Geologiese Kongres.

Lewende organisme het in dié periode bly floreer nes in die Kambrium, hoewel die einde van die periode gekenmerk word deur ’n groot massauitwissing. Ongewerweldes, soos weekdiere en geleedpotiges, het die oseane oorheers. Visse, die wêreld se eerste ware gewerweldes, het bly ontwikkel en dié met kake het dalk laat in dié periode hul verskyning gemaak. Die lewe op land was egter steeds onderontwikkel.

Uitwissings

  • Die Ordovisium-Siluur-uitwissing het aan die einde van die periode, sowat 443 miljoen jaar gelede, plaasgevind en is waarskynlik veroorsaak deur ’n gammastraaluitbarsting. Sowat 60% van die seelewe is uitgewis.
  • Die Kambrium-Ordovisium-uitwissing het aan die begin van die periode, sowat 485 miljoen jaar gelede, plaasgevind.

Eksterne skakels

ProterosoïkumFanerosoïese Eon
  Neoproterosoïkum  Paleosoïese EraMesosoïese EraKainosoïese Era
EdiacariumKambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPermTriasJuraKrytPaleogeenNeogeenKwartêr