Laos (bevolkingsgroep)

Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die taal, sien Lao (taal).

Die Laos (Lao: ລາວ, Thai of Isan: ลาว, [láːw]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan die land Laos en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Thailand. Hulle vorm die titulêre nasie van Laos en maak omtrent 68% van Laos se bevolking uit. Die enkelvoud is Lao.

Laos

Totale bevolking:ca. 3,8 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Laos Laos 3,6 miljoen[2]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 232 130[3]
Vlag van Frankryk Frankryk 120 000[4]
Vlag van Kambodja Kambodja 55 000[1]
Vlag van Kanada Kanada 22 090[5]
Vlag van Mianmar Mianmar 21 000[1]
Vlag van Thailand Thailand 20 000[1]
Vlag van Viëtnam Viëtnam 14 928[6]

Taal:Lao
Geloofsoortuiging: Theravada-Boeddhisme
Verwante etniese groepe:Ander Tai-volke soos Thai, Sjan, Dai, Zhuang, Ahom

Die Laos behoort tot die Tai-volke wat naas Thailand ook in die Volksrepubliek China se suidooste asook in Indië se noordooste leef en nog die Thai en Zhuang insluit. Hulle praat Lao as moedertaal wat saam met Thai tot die Tai-Kadai-tale behoort.

Die Laos is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, byna 95% volgens die laaste skatting in 2010, gevolg deur klein minderhede soos Satsana Phi en Christene.

Verwysings

Eksterne skakels