Libreville

Libreville (Frans vir Vrystad) is die hoofstad en grootste stad van Gaboen met 'n bevolking van 797 003 in 2013. Die stad is die tuiste van ongeveer die helfte van die bevolking van Gaboen en het een van die grootste Europeër-bevolking in Sentraal-Afrika.

Libreville

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Gaboen Gaboen
 ProvinsieEstuaire
 Koördinate00°23′N 09°27′O / 0.383°N 9.450°O / 0.383; 9.450
 Stigting1839
 Oppervlakte: 
 - Totaalvk km
 Hoogte bo seevlak0 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2013)797 003
 - Bevolkingsdigtheid/vk km
 TydsoneUTC +1
 - SomertydUTC +1
 BurgemeesterRose Raponda
 Amptelike webwerflibreville.ga

Geografie

Libreville lê by die mond van die Komorivier, langs die Golf van Guinee. Daar is 7 distrikte in Libreville: Batterie IV, Quartier Louis, Mont-Bouët, Nombakélé, Glass, Oloumi en Lalala.

Geskiedenis

Die Mpongwé mense het gewoon op die plek waar Libreville vandag is. In 1839 is Gaboen oorgeneem deur die Franse Ryk. Later is 'n klein dorpie gebou vir slawe wat vrygelaat is en die naam Libreville (Vrystad) is in gebruik geneem. In 1960 was die bevolking 30 000, maar sedertdien het die stad se bevolking baie gegroei.

Lughawe

Libreville Internasionale Lughawe is 11 km ten noorde van die stad.

Eksterne skakels