Madeleine Albright

Madeleine Korbel Albright (gebore Marie Jana Korbelová, 15 Mei 1937-23 Maart 2022) was 'n Amerikaanse diplomaat en politikus. Sy het van 1997 tot 2001 as Amerika se eerste vroulike minister van buitelandse sake in die regering van pres. Bill Clinton gedien. Sy het Amerika ook by die Verenigde Nasies verteenwoordig.

Madeleine Albright
Madeleine Albright

64ste Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
23 Januarie 1997 – 20 Januarie 2001
ViseStrobe Talbott
PresidentBill Clinton
Voorafgegaan deurWarren Christopher
Opgevolg deurColin Powell

21ste Ambassadeur tot die Verenigde Nasies
Ampstermyn
27 Januarie 1993 – 21 Januarie 1997
PresidentBill Clinton
Voorafgegaan deurEdward J. Perkins
Opgevolg deurBill Richardson

Persoonlike besonderhede
Gebore15 Mei 1937
Praag, Tsjeggo-Slowakye
Sterf23 Maart 2022 (op 84)
Washington, DC, Verenigde State
Politieke partyDemokraat
Alma materWellesley College
Johns Hopkins University
Columbia University
Handtekening

Beknopte biografie

Albright was in die voormalige Tsjeggo-Slowakye gebore. Sy kry die bynaam, Madeleine, van haar ouma. Sy emigreer in 1950 na die Verenigde State en word in 1957 'n Amerikaanse burger. Albright praat vlot Engels, Frans en Tsjeggies, en is ook Russies, Duits en Pools magtig. Sy kom uit 'n Joodse familie wat gedurende die oorlog in Serwië wegkruip het, waar haar vader op 'n diplomatieke sending namens Tsjeggië was. Haar Joodse grootouers aan vaderskant het tydens die Tweede Wêreldoorlog omgekom. Sy het haar Joodse afkoms ontdek nadat sy as minister aangestel is, en joernaliste haar afkoms bestudeer het.

Sy het van 27 Januarie 1993 tot 21 Januarie 1997 as Amerika se 21ste Ambassadeur tot die Verenigde Nasies gedien. Sy is daarna op 5 Desember 1996 deur pres. Bill Clinton as Amerika se 64ste Minister van Buitelandse Sake aangestel. Die senaat het haar met 99 stemme teenoor 0 in die pos bevestig, waarna sy op 23 Januarie 1997 in die amp beëdig is.

Na haar aftrede publiseer sy haar memoires, Madam Secretary, in 2003. Enkele jare later skryf sy nog 'n boek, Read my Pins, oor haar versameling borsspelde en hoe sy diplomasie daarmee bedryf het.

Boeke

  • Madam Secretary (2003)
  • The Mighty and the Almighty: Reflections on America, God, and World Affairs (2006)
  • Memo to the President Elect: How We Can Restore America's Reputation and Leadership (2008).
  • Read My Pins (2009).[1]

Verwysings

Eksterne skakels