Masjhad

Mashhad (Persies: مشهد) is die tweede grootste stad van Iran naas die hoofstad Teheran en het meer as 2,5 miljoen inwoners. Dit is die hoofstad van die provinsie Khorasan, die grootste provinsie van Iran wat in die Noordooste van die land lê.

Mashhad
مشهد

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Iran Iran
 ProvinsieRazavi Khorasan
 Koördinate36°18′N 59°36′O / 36.300°N 59.600°O / 36.300; 59.600
 Stigting3de eeu
 Oppervlakte: 
 - Totaal204 vk km
 Hoogte bo seevlak985 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2006)2 907 316
 - Bevolkingsdigtheid14 251/vk km
 TydsoneIRST / UTC +3:30
 - SomertydIRDT / UTC +4:30
 BurgemeesterMohammad Pejman
 Amptelike webwerfwww.mashhad.ir
Mashhad

Mashhad is 'n toerismestad, veral deur die aanwesigheid van die graf van Imam Reza, die agtste imam van die sjiiete. Daar kom jaarliks miljoene besoekers na Mashhad, wat hierdie stad tot een van die belangrikste bestemmings vir pelgrimstogte van die wêreld maak. Mashhad is ook 'n nywerheidsentrum en beskik oor 'n internasionale lughawe en 'n moltreinnetwerk. Mashhad staan soos vele stede en streke in Iran bekend vir sy mooi tapyte en sy turkoois.