Moltrein

'n Moltrein (Engels: Underground, Subway, Tube, Nederlands: Metro) is 'n ondergrondse spoorwegvervoerstelsel in groot stede wat die middestad met die omliggende stedelike gebiede verbind. Dit bestaan uit 'n netwerk van lyne wat ondergronds in tonnels of bogronds op viadukte loop. Geen verkeer of ander spore kruis moltreinspore nie. Aan albei punte van 'n moltrein is 'n stuurkajuit sodat die trein in enige rigting kan beweeg. Gewoonlik is daar deure aan albei kante van die trein sodat passasiers op twee verskillende perrone kan afklim. Treine kan kort op mekaar volg omdat gevorderde sinjaalstelsels gebruik word. Hulle kan ook baie vinnig wegtrek en stilhou. Die moltrein is 'n vinnige, gerieflike vervoermiddel vir pendelaars vanaf verskillende voorstede na en van 'n stad of ander voorstede.Die grootste moltreinstelsels (meeste passasiers) is:

Ondergrondse moltreinstasie in Frankfurt am Main, Duitsland
Moltrein-netwerke in die wêreld[1]: ██ Moltrein in een stad ██ Moltrein in twee of meer stede ██ Moltrein in aanbou ██ Beplande moltrein ██ Geen moltrein
Binne die trein van die Metro van Helsinki
Hierdie artikel handel oor die vervoerstelsel. Vir die Dan Roodt-roman, sien Moltrein (roman).
StadJaar geopenAfstandGetal passasiers per jaar
Moskou1935340 km3,2 miljard
Tokio1927281 km2,6 miljard
New York1904371 km1,9 miljard
Seoel1974278 km1,4 miljard
Meksikostad1969202 km1,4 miljard
Parys1900211 km1,2 miljard
Osaka1933114 km957 miljoen
Londen1863415 km866 miljoen
Hongkong197982 km790 miljoen
St. Petersburg1955110 km721 miljoen

Moltreinstasies

New York Subway stasie Broadway/125de Straat

Die meeste moltreinstasies lê gewoonlik ondergronds. As die lyn op viadukte loop lê hulle gewoonlik bokant die grond. Passasiers gaan met hysers of roltrappe af/op na die moltreinstasie toe. Die perrone is gewoonlik op dieselfde hoogte as die vloer van die spoorwegwaens.
Stede met die meeste moltreinstasies

StadGetal stasies
New York488
Parys368
Londen270
Tokio217
Moskou140

Geskiedenis

Trein van die City & South London Railway, in 1890 die eerste ondergrondse elektriese spoorweg ter wêreld en nou 'n onderdeel van die Londense Moltreinstelsel
'n CTA bruin lynse trein vertrek van Madison/Wabash-stasie in Chicago

Die eerste moltreinlyn ter wêreld is op die 10 Januarie 1863 in Londen opgerig en is deur 'n stoomlokomotief getrek. Die oorskakeling na elektrisiteit is voltooi nadat steenkoollokomotiewe se stoom en roet die stasies en die reisigers bevuil het. Die eerste moltrein op die Europese vasteland is in 1896 in Boedapest (Hongarye) opgerig. Die eerste spoorlyn van die Paryse Metro is tydens die aanloop tot die Wêreldtentoonstelling van 1900 opgerig en 'n paar maande na die aanvang van die tentoonstelling ingehuldig.

GeopenStad
1863Londen
1886Liverpool
1892Chicago
1896Glasgow
Boedapest
1897Boston
1898Wene
1900Parys
1902Athene
1904New York
1907Philadelphia
1912Hamburg
1913Buenos Aires

Bronne

Verwysings