Mauna Loa

Mauna Loa is 'n aktiewe vulkaan op Big Island (Hawaii), die grootste eiland van die Amerikaanse deelstaat Hawaii, en een van altesaam vyf vulkane waaruit hierdie eiland bestaan. Mokuʻāweoweo, een van talle slakkekeëls op die piekplato, is een van die hoogste punte in die deelstaat op 'n hoogte van 4 169 meter (13 679 voet) bo seevlak.

Mauna Loa
Die Mauna Loa Die Mauna Loa
LiggingBig Island, Hawaii (VSA)
Hoogte4 169 (voet tot piek: 9 969)[1] meter bo seevlak
ReeksHawaii-Emperor-bergreeks
Koördinate19°28′46.3″N 155°36′09.6″W / 19.479528°N 155.602667°W / 19.479528; -155.602667 155°36′09.6″W / 19.479528°N 155.602667°W / 19.479528; -155.602667
BergtipeSkildvulkaan
Rotsouderdom400 000 jaar
Laaste uitbarsting27 november 2022
Eerste bestyging1794
Eerste bestyger(s)Archibald Menzies
Ligging van Mauna Loa op 'n kaart (Hawaii)
Mauna Loa
Mauna Loa
Mauna Loa op die eiland Hawaii

Mauna Loa is een van die hoogste bergpieke ter wêreld as 'n mens sy hoogte vanaf die voet meet wat teen 'n diepte van 5 800 meter (19 000 voet) onder die seespieël van die Stille Oseaan lê. Mauna Loa bereik sodoende 'n totale hoogte van 9 969 meter (32 709 voet).

In die inheemse Hawaiïese taal beteken Mauna Loa letterlik "Lang Berg", 'n verwysing na sy groot uitbreiding oor die hoofeiland van Hawaii.

Mauna Loa staan vandag veral bekend vir sy sterrewagte teen 'n hoogte van 3 397 meter.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mauna Loa.
  • (en) "Mauna Loa". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Junie 2017.