Taalvulkaan

Die Taalvulkaan (Tagalog: Bulkang Taal) is 'n kaldera in die Filippyne wat met die Taalmeer gevul is.[1] Dit is in die provinsie Batangas geleë en is een van die aktiefste vulkane in die land, met 34 aangetekende uitbarstings in die geskiedenis waarvan almal op Vulkaaneiland, naby die middel van die Taalmeer, gekonsentreer was.[2] Die kaldera is gevorm deur prehistoriese uitbarstings tussen 140000 en 5380 v.C.[3][4]

Taalvulkaan
Bulkang Taal
'n Lugfoto van Vulkaaneiland binne-in die Taalvulkaan (2012). Noord is aan die regterkant. 'n Lugfoto van Vulkaaneiland binne-in die Taalvulkaan (2012). Noord is aan die regterkant.
LiggingFilippyne
Hoogte311[1] meter bo seevlak
Koördinate14°0′36″N 120°59′51″O / 14.01000°N 120.99750°O / 14.01000; 120.99750 120°59′51″O / 14.01000°N 120.99750°O / 14.01000; 120.99750
BergtipeKaldera[1]
Laaste uitbarsting9 Julie 2021
Ligging van Taalvulkaan Bulkang Taal op 'n kaart (Filippyne)
Taalvulkaan Bulkang Taal
Taalvulkaan
Bulkang Taal
Ligging in die Filippyne.

Die vulkaan lê sowat 50 km suid van Manila, die Filippynse hoofstad.

Die Taalvulkaan het al verskeie gewelddadige uitbarstings gehad wat sterfgevalle op die eiland en in die dig bevolkte gebiede om die vulkaan tot gevolg gehad het. Altesaam sowat 6 000 mense het al gesterf. Vanweë sy nabyheid aan dig bevolkte gebiede en sy geskiedenis van uitbarstings is die Taalvulkaan aangewys as een van die 16 Dekadevulkane, wat naby ondersoek word om toekomstige rampe minder ernstig te maak. Alle vulkane in die Filippyne is deel van die Ring van Vuur.

Taal is 'n woord in 'n Tagalog-dialek wat beteken "waar", "werklik" en "suiwer".[5]

Verwysings

Skakels