Hawais

die taal van Hawaii se inheemse bevolking, 'n amptelike taal van die Amerikaanse deelstaat Hawaii

Hawais (ʻŌlelo Hawaiʻi, [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi]) is die taal van Hawaii se inheemse bevolking. Dit vorm saam met Engels die amptelike tale van die Amerikaanse deelstaat Hawaii.

Hawais
ʻŌlelo Hawaiʻi 
Uitspraak:[ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi]
Gepraat in:Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Gebied:Oseanië
Totale sprekers:24 000 volgens 2010-sensus[1]
Taalfamilie:Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Oseanies
   Polinesies
    Oos-Polinesies
     Marquesies
      Hawais 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Gereguleer deur:Hawaii-taalkommissie
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:haw
ISO 639-3:haw
Verspreiding van Hawais in die Verenigde State (2000-sensus)

Taalkundiges klassifiseer Hawais as 'n Oos-Polinesiese taal wat nouverwant aan Mangarevanies en Marquesanies van Frans-Polinesië is. Dit is ietwat minder verwant aan Cookeilandse Māori, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Niuies, Samoaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans.

Volgens die Hawaii-taalkommissie het die aantal volwasse sprekers, wat Hawais vlot kan praat, in 1997 tot sowat 2 000 gedaal.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Hawais