Mohenjo-Daro

Mohenjo-Daro (Sindhi: موئن جو دڙو, Oerdoe: موئن جو دڑو; letterlik "Heuwel van die Dooie Mans")[2] is ’n argeologiese terrein in die provinsie Sindh, Pakistan. Dit is omstreeks 2500 v.C. gebou, en was een van die grootste nedersettings van die antieke Indusvalleibeskawing en een van die wêreld se eerste groot stede. Dit het bestaan in dieselfde tyd as die beskawings van Antieke Egipte, Mesopotamië, Minoïese Kreta en Norte Chico.

Mohenjo-Daro
Die ruïnes van Mohenjo-Daro in Pakistan, in 2010.
Die ruïnes van Mohenjo-Daro in Pakistan, in 2010.
Plaaslike naam Sindhi: موئن جو دڙو
Oerdoe:موئن جو دڑو
LandVlag van Pakistan Pakistan
SoortNedersetting
Oppervlakte250 ha[1]
Geskiedenis
Gestig26ste tot 25ste eeu v.C.
Unesco-wêrelderfenisgebied
TipeKultureel
Kriteriaii, iii
Verwysing138
Streek†Asia-Pacific
Beskrywing*Archaeological Ruins at Moenjodaro
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Mohenjo-Daro het in die 19de eeu v.C. leeggeloop namate die Indusvalleibeskawing agteruitgegaan het, en die terrein is eers in die 1920's herontdek. Aansienlike uitgrawings word sedertdien gedoen in die stad, wat in 1980 aangewys is as ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.[3] Die terrein word tans bedreig deur erosie en onbehoorlike restourasiewerk.[4]

Verwysings

Eksterne skakels

68°08′20″O / 27.32917°N 68.13889°O / 27.32917; 68.13889