Oerdoe

Oerdoe (اُردُو, Urdū, [ˈʊrd̪uː], ), plaaslik bekend as Lashkari (لشکری, Laškarī, ləʃkəri),[5] of meer presies Moderne Standaard-Oerdoe, is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 170 miljoen mense in Indië en Pakistan gepraat word. Dit is 'n gestandaardiseerde variëteit van Hindoestani en onderling verstaanbaar met Hindi. Oerdoe is die amptelike taal van Pakistan, een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstate Bihar, Jharkhand, Telangana, Uttar Pradesh en Wes-Bengale.

Oerdoe
اُردُو Urdū
لشکری, Laškarī 
Uitspraak:[ˈʊrd̪uː]
Gepraat in:Vlag van Indië Indië
Vlag van Pakistan Pakistan
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika[1] 
Gebied:Suid-Asië
Totale sprekers:68 miljoen (moedertaal)
102 miljoen (tweede taal)[2] 
Rang:19–21
Taalfamilie:Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Sentrale sone
    Westelike Hindi
     Hindoestani
      Oerdoe 
Skrifstelsel:Arabiese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Indië Indië[4]

Vlag van Pakistan Pakistan

Gereguleer deur:Vlag van Pakistan National Language Authority
Vlag van Indië National Council for Promotion of Urdu Language[3]
Taalkodes
ISO 639-1:ur
ISO 639-2:urd
ISO 639-3:urd 
Verspreiding van Oerdoe
Die woord "Oerdoe" in Persies-Arabiese skrif
Die woord "Lashkari-taal" in Nastaliq-skrif

   Gebiede in Indië en Pakistan waar Oerdoe òf amptelike òf mede-amptelike status geniet

   Gebiede in Indië en Pakistan waar Oerdoe nóg amptelike nóg mede-amptelike status geniet

Oerdoe word dikwels as 'n gestandaardiseerde en gepersianiseerde register van Hindoestani beskou.[6][7][8][9] Oerdoe is die amptelike taal en lingua franca van Pakistan. Oerdoe is een van die 22 geskeduleerde tale vir amptelike gebruik in die Republiek Indië, en geniet amptelike status in vyf deelstate, maar ook in die hoofstadgebied Delhi.

Aangesien beide registers uit dieselfde Indo-Ariese woordeskat saamgestel is,[10][11] is die gestandaardiseerde Oerdoe met die gestandaardiseerde Hindi onderling verstaanbaar,[12] en albei registers word saam as Hindoestani of Hindi–Oerdoe gegroepeer.[13][14][6][7] As die letterkundige woordeskat in ag geneem word, is Oerdoe sterk deur Persies beïnvloed, waarvolgens 'n kennis van Oerdoe 'n basiese kennis van Persiese woordeskat en grammatikale beginsels vereis,[15] terwyl Hindi sy formele en tegniese woordeskat aan Sanskrit ontleen het.[15]

Oerdoe het vanaf 1837, saam met Engels, pleks van Persies, in 'n aantal Indo-Islamitiese ryke (waaronder die Mogolryk) as ampstaal gedien.[16][17][18] Tydens die koloniale tydperk het godsdienstige, sosiale en politieke faktore daartoe bygedra, dat meer en meer tussen Oerdoe en Hindi onderskei is, wat tot die Hindi-Oerdoe-twispunt gelei het.[19] In die destydse Brits-Indië het Hindoestani as ampstaal gedien, maar met die Verdeling van Indië word meer en meer 'n verskil tussen Hindi en Oerdoe beklemtoon, veral uit politieke redes.

Volgens Nationalencyklopedin se 2010-skatting is Oerdoe, met sowat 66 miljoen moedertaalsprekers, die 21ste mees gesproke taal wêreldwyd.[20] Volgens Ethnologue se 2018-skatting is Oerdoe die elfde mees gebruikte taal wêreldwyd,[21] met altesaam 170 miljoen sprekers, insluitende diegene wat dit as 'n tweede taal gebruik.[22] Indien Hindi saam met Oerdoe as Hindoestani gegroepeer word, is dit die derde mees gebruikte taal wêreldwyd, met sowat 329,1 miljoen moedertaalsprekers en altesaam 697,4 miljoen sprekers van beide Hindi en Oerdoe.[23][24]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Oerdoe