Mongoolse Cyrilliese skrif

Die Mongoolse Cyrilliese skrif (Mongools: Монгол Кирилл үсэг, Mongol kirill üseg) is die skryfstelsel wat in die hedendaagse staat Mongolië gebruik word vir die standaarddialek van Mongools. Dit het ’n grootliks fonemiese ortografie, wat beteken daar is ’n redelike ooreenkoms tussen die geskrewe letters en die klanke. Die skrif is nie as ’n skryfstelsel aanvaar in Binne-Mongolië in China nie; daar word die tradisionele Mongoolse skrif steeds gebruik.

Die naam Mongolië (Mongol) in Cyrilliese skrif.

Geskiedenis

Mongoolse Cyrillies is die mees onlangse van baie skryfstelsels wat al vir Mongools gebruik is. Dit is ’n Cyrilliese alfabet soortgelyk aan dié wat vir Bulgaars en Russies gebruik word, maar het twee bykomende letters: Өө (getranslitereer as ö) en Үү (ü).

Dit is in die 1940's onder Sowjet-invloed in Mongolië begin gebruik ná ’n kort tydperk waarin die Latynse alfabet gebruik is. Ná die Mongoolse demokratiese rewolusie van 1990 is kortliks oorweeg om weer die tradisionele Mongoolse skrif te gebruik, maar dit is nooit gedoen nie. Laasgenoemde skrif is ’n verpligte vak op skool en raak geleidelik gewilder.[1] Dit is egter ’n hoogs uitsonderlike vertikale skrif en anders as byvoorbeeld die Sjinese skrif, kan dit nie maklik aangepas word om horisontaal te skryf nie, en dit is die groot nadeel daarvan. Die Cyrilliese skrif word dus gebruik in die alledaagse lewe en op die internet.

Beskrywing

Die Cyrilliese alfabet wat vir Mongools gebruik word, lyk soos volg (met geleende klanke tussen hakies):

Pos.CyrilliesBrailleNaamIFA[2]ISO 9Standaard-transliterasie
(MNS 5217:2012)[3]
Library of
Congress
1Аа аaа
2Бб бэp, pʲb
3Вв вэw̜, w̜ʲv
4Гг гэɡ, ɡʲ, ɢg
5Дд дэt, tʲd
6Ее еji~jөeyee
7Ёё ёëyoë
8Жж жэžjzh
9Зз зэtsz
10Ии иii
11Йй хагас иijiĭ
12Кк каkʰ, kʲʰ, x, xʲk
13Лл элɮ, ɮʲl
14Мм эмm, m
15Нн энn, , ŋn
16Оо оɔo
17Өө өө~oôö
18Пп пэpʰ, pʰʲp
19Рр эрr, rʲr
20Сс эсss
21Тт тэtʰ, tʰʲt
22Уу уʊu
23Үү үuü
24Фф фэ, фа, эфf, pʰf
25Хх хэ, хаx, xʲhkh
26Цц цэtsʰcts
27Чч чэtʃʰčch
28Шш ша, эшʃšsh
29Щщ ща, эшчэ(ʃt͡ʃ)[4]ŝshshch
30Ъъ хатуугийн тэмдэгnoneʺiı
31Ыы эр үгийн ыiy
32Ьь зөөлний тэмдэгʲʹi
33Ээ эe~ièeê
34Юю юjʊ, juûyuiu
35Яя яjaâyaia

Үү en Өө word soms geskryf as Її (of Vv) en Єє onderskeidelik[5] wanneer ’n Russiese toetsbord gebruik word of die letters nie op die toetsbord beskikbaar is nie.

Lang aanvangsklinkers en volle nie-aanvangsklinkers word met ’n dubbele letter geskryf; kort aanvangsklinkers en ingelaste nie-aanvangsklinkers word met ’n enkele letter geskryf. Al die klinkers behalwe у en ү kan ook ’n schwa en sero verteenwoordig in lettergrepe wat nie aanvangslettergrepe is nie. ’n Gepalataliseerde medeklinker word aangedui met die klinkers и (i), е (je), ё (jo), я (ja) en ю (joe) of die sagte teken ь (') ná die medeklinker. Щ word nooit in Mongools gebruik nie, behalwe in Russiese leenwoorde.[6]

Verwysings