Natal (kolonie)

(Aangestuur vanaf Natalkolonie)

Natal (Engels: Colony of Natal) was 'n Britse kolonie in Suider-Afrika. Dit is op 4 Mei 1843 'n Britse kolonie verklaar nadat die Britse regering die Boererepubliek Natalia geannekseer het. Die kolonie is op 31 Mei 1910 saam met drie ander kolonies verbind om die Unie van Suid-Afrika te vorm. Die ou kolonie maak vandag deel uit van die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal.

Colony of Natal
Natalkolonie

Flag
1843–1910
VlagWapenskild
VlagWapen
Volkslied:
God Save the King (1901–1910)
God Save the Queen (1843–1901)
Ligging of Natalkolonie
Ligging of Natalkolonie
Ligging van die Natalkolonie tussen 1843 en 1910
HoofstadPietermaritzburg
29°35′S 30°25′O / 29.583°S 30.417°O / -29.583; 30.417 30°25′O / 29.583°S 30.417°O / -29.583; 30.417
Taal/TaleAfrikaans, Engels, Zoeloe
GodsdiensNederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Hindoeïsme, Presbiteriaanse Kerk, Rooms-Katolieke Kerk
RegeringMonargie
Monarg
 - 1843–1901Victoria
 - 1901–1910Edward VII
 - 1910George V
Eerste minister
 - 1893–1897John Robinson
 - 1906–1910Frederick Robert Moor
Luitenant-goewerneur
 - 1845–1849Martin West
 - 1910Paul Methuen
Historiese tydperkWedloop om Afrika
 - Stigting van die Natalkolonie4 Mei 1843
 - Verowering van die Natalia Republiek12 Mei 1843
 - Zoeloe-koninkryk geannekseer1897
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika31 Mei 1910
 - Stigting van die Natalprovinsie31 Mei 1910
Oppervlakte
 - 1904[1]91 610 km2
35 371 sq mi
Bevolking
 - 1904[1] skatting1 108 754 
     Digtheid12,1 /km² 
31,3 /sq mi
GeldeenheidPond sterling
Detail van 'n skildery wat die Slag van Rorke's Drift uitbeeld tydens die Anglo-Zoeloeoorlog, 11 Januarie – 4 Julie 1879

Natal was oorspronklik net die helfte van die grootte van die huidige provinsie, met die noordoostelike grense wat deur die Tugela- en Buffelsriviere gevorm is en waarbuite die onafhanklike Zoeloe-koninkryk (of Wene wa Zulu in Zoeloe) gelê het. Die huidige provinsie is ook vergroot met die toevoeging van Griekwaland-Oos aan die suide.

Hewige konflik met die Zoeloe-bevolking het tot die ontruiming van Durban gelei, en uiteindelik het die Boere die Britse anneksering in 1844 weens militêre druk aanvaar. 'n Britse goewerneur is vir die streek aangestel en menige setlaars het daarheen uit die Kaapkolonie en Europa geëmigreer.

Die Britte het 'n suikerrietbedryf in die 1860's gestig. Plaaseienaars het dit moeilik gevind om die Zoeloe-arbeiders te lok om in die plantasies te werk; gevolglik het die Britte duisende gekontrakteerde arbeiders uit Indië met vyfjaar-termyne na Natal gebring. As 'n gevolg van die aankoms van Indiese arbeid het Durban tot die grootste Asiaties-Suid-Afrikaanse gemeenskap gegroei. Durban en omstreke is ook bekend om tans die grootste Indiërgemeenskap buite Indië te huisves.

Eerste ministers

#NaamPartyAmpsaanvaardingAmp verlaat
1John RobinsonOnafhanklik10 Oktober 189314 Februarie 1897
2Harry EscombeOnafhanklik15 Februarie 18974 Oktober 1897
3Henry BinnsOnafhanklik5 Oktober 18978 Junie 1899
4Albert Henry HimeOnafhanklik9 Junie 189917 Augustus 1903
5George Morris SuttonOnafhanklik18 Augustus 190316 Mei 1905
6Charles John SmytheOnafhanklik16 Mei 190528 November 1906
7Frederick Robert MoorOnafhanklik28 November 190628 April 1910

Demografie

Rasverdeling

Bevolkingsgetalle volgens die 1904-sensus:[2]

BevolkingsgroepGetalPersent
(%)
Swartes904 04181,53
Asiërs100 9189,10
Blankes97 1098,75
Kleurlinge6 6860,60
Totaal1 108 754100,00


Bibliografie

  • Leverton, B.J.T.: The European settlement of Natal. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 19, nr. 3, Maart 1970

Verwysings