Pond sterling

Geldeenheid van die Verenigde Koninkryk
Pond kan ook na 'n eenheid van massa verwys; sien pond (eenheid).
Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
RangGeldeenheidSimbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollarUSD ($)87,0%
2Vlag van EuropaEuroEUR (€)33,4%
3Vlag van JapanJapannese jenJPY (¥)23,0%
4Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterlingGBP (£)11,8%
5Vlag van SwitserlandSwitserse frankCHF (CHF)8,6%
6Vlag van KanadaKanadese dollarCAD ($)5,2%
7Vlag van AustraliëAustraliese dollarAUD ($)4,6%
8Vlag van MeksikoMeksikaanse pesoMXN ($)2,5%
9Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juanCNY (¥)2,2%
10Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollarNZD ($)2,0%
11Vlag van SwedeSweedse kroonSEK (kr)1,8%
12Vlag van RuslandRussiese roebelRUB (₽)1,6%
13Vlag van HongkongHongkong-dollarHKD ($)1,4%
14Vlag van Noorweë Noorse kroonNOK (kr)1,4%
15Vlag van SingapoerSingapoer-dollarSGD ($)1,4%
16Vlag van TurkyeTurkse liraTRY (₺)1,3%
17Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse wonKRW (₩)1,2%
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse randZAR (R)1,1%
19Vlag van Brasilië Brasiliaanse realBRL ($)1,1%
20Vlag van Indië Indiese roepeeINR (₹)1,0%
Ander6,3%
Totaal[n 1]200%

Die pond sterling (Engels: Pound sterling, Kornies: Peuns sterling, Iers-Gaelies: Punt steirling, Manx-Gaelies: Punt Sostynagh, Skots: Poond sterling, Skots-Gaelies: Punnd Sasannach, Wallies: Punt sterling, Frans: Livre sterling; ook Britse pond of kortweg pond) is die geldeenheid van die Verenigde Koninkryk en die afhanklike gebiede Falkland-eilande (saam met die Falklandse pond), Gibraltar (saam met die Gibraltarese pond), Guernsey (saam met die pond sterling van Guernsey), die Eiland Man (saam met die Manx pond), Jersey (saam met die Pond Sterling van Jersey), Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha (saam met die Sint Heleense pond in Sint Helena en Ascension) en Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande (saam met die Falklandse pond). Die amptelike ISO-kode is GBP en die valutateken is £.

Die pond sterling se valutateken.
Wisselkoers tussen Euro en pond sterling sedert 2009

Die Britse pond is die oudste geldeenheid ter wêreld wat steeds in omloop is, asook die vierde belangrikste geldeenheid wat op internasionale markte verhandel word (ná die Amerikaanse dollar, die Europese euro en die Japannese jen) en die derde belangrikste globale reserwe-geldeenheid. Sy waarde is die hoogste van alle belangrike geldeenhede, met 'n wisselkoers van meer as 19 ZAR in Julie 2015.[3]

Geskiedenis

Die Britse Eilande (in rooi) en oorsese gebiede (in blou) wat die pond of hul plaaslike weergawe gebruik. In pers Zimbabwe en die Pitcairneilande wat die pont nieamptelik gebruik

Die oorspronge van die pond sterling strek terug tot 760 toe die silwerpennie in omloop gebring is en vinnig in alle Angel-Saksiese koninkryke as geldeenheid aanvaar is. Die oorspronklike ontwerp van suiwer silwermuntstukke is in 1158 gewysig, en nuwe munte, wat as pond sterling bekend gestaan het, is van 92,5 persent silwer geslaan. Silwerpennies was die enigste muntstukke in Engeland voordat die sjieling in 1487 ingevoer is en twee jaar later ook die pond.

Die eerste banknote, wat deur goud in plaas van silwer gedek is, is in 1694 uitgereik, en een jaar later is die Bank van Engeland as een van die eerste sentrale banke ter wêreld gevestig. Nog tot in 1855 was alle banknote handgeskrewe en eers daarna is oorgeskakel na die drukpers.

In die vroeë 20ste eeu het steeds meer lande begin om hul geldeenhede deur fisieke goud te dek. Die invoering van 'n goudstandaard het vir die eerste keer in die geskiedenis die ruil van een geldeenheid teen 'n ander moontlik gemaak. Die wêreldhandel het vervolgens 'n omwenteling ondergaan. Die Verenigde Koninkryk het die goudstandaard amptelik in 1816 aanvaar, al was dié stelsel de facto reeds sedert 1670 in gebruik. Die waardestyging in die Britse pond, wat daaruit voortgespruit het, het aanleiding gegee tot 'n tydperk van aansienlike ekonomiese groei wat tot in 1914 sou voortduur.[4]

Notas

Verwysings

Eksterne skakels