Natriumbromied

chemiese verbinding

Natriumbromied is 'n verbinding van natrium en broom met formule NaBr. Dit is 'n sout van die suur waterstofbromied (HBr) en die basis natriumhidroksied (NaOH).

Eienskappe

Algemeen

NaamNatriumbromied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleNaBr
Molêre massa102,89 g/mol [1]
CAS-nommer7647-15-6[1]  
VoorkomsKleurlose of wit vaste stof[1]  
Reukgeen
Fasegedrag  
Selkonstantesa=593 pm[2]  
RuimtegroepFm3m[2] 
Nommer225  
StrukturberichtB1
Smeltpunt755 °C[1]
Kookpunt1390 °C[1]
Digtheid3,2 [g/cm3 @ 25 °C[1]
Oplosbaarheid946 [g/L] @ 25 °C [1]

Suur-basis eienskappe

pKageen

Veiligheid

Flitspuntonbrandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Dit is 'n kleurlose of wit materiaal wat diamagneties en elektries isolerend is. Die bandgaping is direk maar taamlik breed (4,09 eV)[2]

natriumbromied word uit seewater en ander bogrondse en ondergrondse waters verkry. Die sout word gebruik in vloeistowwe wat in die olie- en gaseksplorasie gebruik word. In kragstasies wat steenkool verbrand word dit gebruik om kwikdamp af te vang. Dit vind ook in watersuiwering toepassing[3]

Die sout is in die 19de en vroeë 20ste eeu toegepas teen epilepsie, maar vandag word dit net by honde en katte soms nog gebruik.[4]

Eienskappe

By indamping van 'n versadigde oplossing van natriumbromied word 'n hidraat NaBr.2H2O gevorm. Hierdie hidraat het by kamertemperatuur 'n waterdampdruk van 0,34 relatief teenoor water. Dit is die enigste bekende hidraat.[5]

As chloorgas deur 'n oplossing van natriumbromied gevoer word, tree 'n redoksreaksie op:

Die chloor oksideer die bromiedione tot die element broom. Hierdie reaksie kan gebruik word om uit seewater broom te verkry. By verdamping slaan eers tafelsout NaCl neer. As dit verwyder is, bly 'n oplossing oor waarin bromide gekonsentreer is. Behandeling met chloor stel broom vry.[6]

Verwysings