Nederlandse nasionale sokkerspan

Die Nederlandse nasionale sokkerspan (Nederlands: Nederlands voetbalelftal) is die mans-sokkerspan wat Nederland in internasionale kompetisies verteenwoordig.

Nederland
AfrigterVlag van Nederland Ronald Koeman
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
Die eerste Nederlandse nasionale sokkerspan in 1905.

Die het die Europese sokkerkampioenskappe in 1988 gewen, en bereik in 1974, 1978 en 2010 die finale van die Sokker-Wêreldbeker. Nederland is op 31 Maart 2022 tiende op FIFA se wêreldranglys, nadat hulle heel bo-aan was in Augustus 2011.[1]

Erelys

  • Wêreldbeker

(naaswenner (3): 1974, 1978, 2010)

  • Europa-beker (1)
1988

Meeste verskynings

PosisieSpelerKere uitgedrafDoeleLoopbaan
1Wesley Sneijder134312003–2018
2Edwin van der Sar13001995-2008
3Frank de Boer112131990–2004
4Rafael van der Vaart93172001-2013
5Giovanni van Bronckhorst10661996–2010
6Dirk Kuijt104242004-2014
7Robin van Persie102502005–2017
8Phillip Cocu101101996–2006
9Arjen Robben96372003–2017
10Daley Blind9122013–tans

Top puntemakers

Patrick Kluivert, die span se tweede grootste houer van alle tye, was 'n belangrike komponent van die opkoms van die Oranje in Frankryk 1998 en Euro 2000.
PosisieSpelerDoeleKere uitgedrafLoopbaan
1Patrick Kluivert40791994–2004
2Robin van Persie38792005-nou
3Dennis Bergkamp37791990–2000
4Faas Wilkes35381946–1961
5Ruud van Nistelrooy35701998–2008, 2010-nou
6Johan Cruijff33481966–1977
7Abe Lenstra33471946–1961
8Klaas-Jan Huntelaar31502006-nou
9Bep Bakhuys28231928–1937
10Kick Smit26291928–1937

Spelers

SpelerPosisieKere uitgedrafDoeleKlub
Tim KrulDW20 Newcastle United
Maarten StekelenburgDW450 AS Roma
Michel VormDW90 Swansea City
Vurnon AnitaV30 AFC Ajax
Khalid BoulahrouzV360 VfB Stuttgart
Edson BraafheidV100 TSG 1899 Hoffenheim
Jeffrey BrumaV40 Hamburger SV
Urby EmanuelsonV150 AC Milan
John HeitingaV757 Everton FC
Joris MathijssenV793 Malaga CF
Erik PietersV150 PSV Eindhoven
Ron VlaarV50 Feyenoord
Gregory van der WielV290 AFC Ajax
Ibrahim AffelayMS363 FC Barcelona
Mark van BommelMS7410 AC Milan
Nigel de JongMS571 Manchester City
Hedwiges MaduroMS180 Valencia CF
Stijn SchaarsMS160 Sporting Portugal
Wesley SneijderMS8123 Internazionale
Kevin StrootmanMS101 PSV Eindhoven
Rafael van der VaartMS9317 Tottenham Hotspur
Georgino WijnaldumMS21 PSV Eindhoven
Ryan BabelVS425 TSG 1899 Hoffenheim
Roy BerensVS20 AZ Alkmaar
Eljero EliaVS262 Juventus
Klaas-Jan HuntelaarVS5031 FC Schalke 04
Luuk de JongVS61 FC Twente
Dirk KuijtVS8524 Liverpool FC
Jermain LensVS41 PSV Eindhoven
Robin van PersieVS7938 Manchester United
Arjan RobbenVS5417 FC Bayern München

Mededinging

Die Oranje het sterk mededinging met die nasionale sokkerspanne van hulle nabuurlande Duitsland en België. Die mededinging met die Belgiese nasionale sokkerspan is vriendskaplik. Die Derby van die lae lande is al 124 keer gespeel (die laatste wedstryd is op 29 Mei 2004 gespeel). Nederland het 55 keer gewen en België 40 keer. Hierdie derby leef meer in België as in Nederland.

Die mededinging met die Duitse nasionale sokkerspan is baie sterker, want beide lande speel 'n belangrike rol in die internasionale sokker. Nederland – Duitsland is miskien die swaarste derby in internasionaal sokker. By die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 in Duitsland het die Duitse span Nederland in die eindstryd geklop. In 1988 (by die UEFA Europa-beker in Duitsland) het Oranje Duitsland uitgeklop in die halfeindronde. Die wedstryd is 38 keer gespeel, waarby Duitsland 14 keer het gewen en Nederland 10 keer.

Sien ook

Verwysings