UEFA Europa-beker

Die UEFA Europa-beker (Engels: UEFA European Football Championship) is 'n sokkertoernooi wat al om die vier jaar deur UEFA vir nasionale sokkerspanne in Europa georganiseer word. Die toernooi word altyd tussen twee FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie beslis, en word na die Wêreldbeker as die belangrikste internasionale sokkertoernooi ter wêreld beskou. In 1960 is die Europese kampioenskap vir die eerste keer beslis. Duitsland en Spanje het met drie keer die meeste EK's gewen. Italië is tans die kampioen, nadat hulle by die Europese Sokkerkampioenskap 2020 in Europa hul tweede titel ingepalm het.

UEFA Europa-beker
Europese Sokkerkampioenskap 2024
Beskrywing.
Coupe Henri Delauney, die trofee waarom meegeding word

SportsoortSokker
Gestig1958
EienaarUEFA
Inwydingseisoen1960
Deelnemende landeEuropa
Aantal spanne24
Mees onlangse kampioenVlag van Italië Italië (2020)

Tussen 1960 en 1976 neem vier lande aan die toernooi deel en sedertdien vind kwalifiserende wedstryde plaas. In 1980 word die deelnemende lande tot agt uitgebrei en in 1996 tot 16. Die laaste uitbreiding in aantal lande vind in 2016 plaas, vanaf hierdie jaar neem 24 lande aan die eindronde deel.

Die huidige formaat van die kampioenskap behels sedert 2016 24 spanne wat meeding om die titel by stadions in die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer een maand. Hierdie fase word gewoonlik die Europese kampioenskap genoem. Die kwalifiserende fase vind oor 'n periode van een jaar voor dit plaas waartydens besluit word welke spanne kwalifiseer. Die gasheerland(e) kry 'n outomatiese plasing. Tot in 2016 het die wenner van die mees onlangse UEFA Europa-beker vir die daaropvolgende Sokker-Konfederasiebeker gekwalifiseer.[1] Dié toernooi is in Maart 2019 egter deur FIFA geskrap.

Die mees onlangse toernooi het in 2020 in verskeie lande van Europa plaasgevind. Die volgende toernooi sal in 2024 in Duitsland aangebied word.

Uitslae

JaarLand(e)FinaleDerde plek
WennerTellingTweede plekDerde plekTellingVierde plekDeelnemende lande
1960  Frankryk  Sowjetunie2:1 e. T.  Joego-Slawië  Tsjeggo-Slowakye2:0  Frankryk4
1964  Spanje  Spanje2:1  Sowjetunie  Hongarye3:1 e. T.  Denemarke4
1968  Italië  Italië1:1 e. T. / 2:0  Joego-Slawië  Engeland2:0  Sowjetunie4
1972  België  Wes-Duitsland3:0  Sowjetunie  België2:1  Hongarye4
1976  Joego-Slawië  Tsjeggo-Slowakye2:2 e. T.
5:3 n. S.
 Wes-Duitsland  Nederland3:2 e. T.  Joego-Slawië4
1980  Italië  Wes-Duitsland2:1  België  Tsjeggo-Slowakye1:1
9:8 n. S.
 Italië8
JaarLand(e)WennerTellingTweede plekSemifinaliste
1984  Frankryk  Frankryk2:0  Spanje  Denemarkeen  Portugal8
1988  Wes-Duitsland  Nederland2:0  Sowjetunie  Wes-Duitslanden  Italië8
1992  Swede  Denemarke2:0  Duitsland  Nederlanden  Swede8
1996  Engeland  Duitsland2:1 n. Gd  Tsjeggië  Engelanden  Frankryk16
2000  België
 Nederland
 Frankryk2:1 n. Gd  Italië  Nederlanden  Portugal16
2004  Portugal  Griekeland1:0  Portugal  Nederlanden  Tsjeggië16
2008  Oostenryk
 Switserland
 Spanje1:0  Duitsland  Ruslanden  Turkye16
2012
Oorsig
 Pole
 Oekraïne
 Spanje4:0  Italië  Duitslanden  Portugal16
2016
Oorsig
 Frankryk  Portugal1:0 e. T.  Frankryk  Duitslanden  Wallis24
2020  Europa  Italië1:1 e. T.
3:2 n. S.
 Engeland  Spanjeen  Denemarke24
2024  Duitsland24
2028  Engeland
 Ierland
 Noord-Ierland
 Skotland
 Wallis
24
2032  Italië
 Turkye
24

Statistiek

Beste uitslae van deelnemende lande en gashere
PlekLandTitelJaar/Jare
1  Duitsland31972, 1980, 1996
 Spanje31964, 2008, 2012
3  Frankryk21984, 2000
 Italië21968, 2020
5  Sowjetunie11960
 Tsjeggië11976
 Nederland11988
 Denemarke11992
 Griekeland12004
 Portugal12016

Eerste deelnames

1960  Frankryk  Joego-Slawië  Sowjetunie  Tsjeggo-Slowakye
1964  Denemarke  Spanje  Hongarye
1968  Engeland  Italië
1972  België  Wes-Duitsland
1976  Nederland
1980  Griekeland
1984  Portugal  Roemenië
1988  Ierland
1992(  Gemenebes van Onafhanklike State)  Swede  Skotland
1996  Bulgarye  Kroasië(  Rusland)  Switserland
(  Tsjeggië)  Turkye
2000(  Serwië en Montenegro)  Noorweë  Slowenië
2004  Letland
2008  Oostenryk  Pole
2012  Oekraïne
2016  Albanië  Noord-Ierland(  Slowakye)  Wallis
 Ysland
2020  Finland(  Noord-Masedonië)

Sien ook

Verwysings

Bron

  • (de) Hardy Grüne: Fußball EM Enzyklopädie 1960–2008. Agon Sportverlag, Kassel 2004, ISBN 3-89784-241-6.

Eksterne skakels