Netanyahu IV-kabinet

Kabinet van Israel
Netanyahu IV-kabinet
Periode: 2015 – 2020
Strekking: regs-religieus
Premier: Benjamin Netanyahu (HaLikud)
President: Reuven Rivlin (HaLikud)
Deelnemende partye:
* HaLikud
* Kulanu
* Shas
* Yahadut HaTorah
* Yisrael Beiteinu
* HaYamin HeHadash
* Ihud Miflagot HaYamin
** HaBayit HaYehudi
** Tkuma
Setels: 61 (67) in die 20e Knesset
Setels: 60 in die 21e Knesset
Setels: 55 (52) in die 22e Knesset
Setels: 58 in die 23e Knesset
Vorige: Netanyahu III-kabinet
Volgende: Netanyahu-Gantz-kabinet

Die Netanyahu IV-kabinet of die 34ste regering van Israel, Hebreeus: ממשלת ישראל השלושים וארבע - Mem'shelet Yisra'el HaShloshim VeArba, was 'n Israelse kabinet wat regeer het van 14 Mei 2015 van 17 Mei 2020.

Hierdie regering het 'n regs-religieuse strekking gehad en het beskik oor 61 setels in die 20e Knesset (het bestaan sedert 31 Maart 2015), oor 60 setels in die 21e Knesset (het bestaan sedert 30 April 2019), oor 55 setels in die 22e Knesset (het bestaan sedert 3 Oktober 2019) en oor 58 setels in die 23e Knesset (het bestaan sedert 16 Maart 2020). Die premier was Benjamin Netanyahu van die Likoed-party gewees.

Die Netanyahu IV-kabinet het bestaan uit die volgende partye:

PartyPosisieSetels
20e Knesset
(Maart 2015)
Setels
20e Knesset
na wysiging
Mei 2016
Setels
20e Knesset
na wysiging
Nov-Des 2018
Setels
21e Knesset
(April 2019)
Setels
21e Knesset
na wysiging
Mei-Jun 2019
Setels
22e Knesset
(Sep 2019)
Setels
22e Knesset
na wysiging
Nov 2019
Setels
23e Knesset
(Maart 2020)
HaLikud (Likoed)regs-liberaal3030303539323236
Kulanu [1]midde-regs1010104///(1)
ShasUltra-Ortodoks, Sefardies77788999
Yahadut HaTorah (Verenigde Torah Jodedom)Ultra-Ortodoks, Asjkenasies66688777
Yisrael Beiteinu [2]regs-nasionalisties, sekulêr/6//////
HaYamin HeHadash (Nuwe Regs) [3]regs-nasionalisties//30//33
Ihud Miflagot HaYamin (Unie van Regter Vleuel Partye) [4]regs-nasionalisties, religieus///554//
* Tkuma [4]regs-nasionalisties, religieus///(2)(2)(2)22
* HaBayit HaYehudi (Die Joodse Huis) [4]regs-nasionalisties, religieus885(3)(3)(2)21
Totaal6167616060525558

Verwysings

Eksterne skakels