Netflix

Amerikaanse vermaaklikheidsmaatskappy

Netflix, Inc. is 'n Amerikaanse vermaaklikheidsmaatskappy met hoofkwartier in Los Gatos, Kalifornië. Netflix is in 1997 deur Reed Hastings en Marc Randolph in Scotts Valley, Kalifornië gestig. Die maatskappy se primêre besighede is sy inskrywinggebaseerde, video-op-aanvraag-stromingdiens wat aanlynstroming van 'n katalogus van films en televisieprogramme bied,[1] sowel as die verspreiding en produksie van oorspronklike films en televisiereekse wat slegs deur die diens versprei word.

Netflix
URLnetflix.com
Soort webwerfVideo-op-aanvraag
RegistrasieVereis
EienaarNetflix Inc.
Geskep deurNetflix Inc.
Gelanseer29 Augustus 1997; 26 jaar gelede (1997-08-29)
Huidige statusAanlyn

Eienaarskap

Vanaf 2017 is Netflix-aandele hoofsaaklik deur institusionele beleggers gehou, insluitend Capital Group Companies, The Vanguard Group, BlackRock onder andere.[2]

Finansies

Vir die fiskale jaar 2018, het Netflix verdienste van VS$ 1.21 miljard, met 'n jaarlikse inkomste van VS$ 15,8 miljard, 'n toename van ongeveer 116% oor die vorige fiskale siklus. Netflix se aandele het verhandel teen meer as $400 per aandeel teen sy hoogste prys in 2018, en sy markkapitalisasie het 'n waarde van meer as VS$ 180 miljard bereik in Junie 2018. Netflix het 261 op die 2018 Fortune 500 -lys van die grootste maatskappye in die Verenigde State volgens inkomste gelys.[3]

JaarInkomste
in mil. VSD-$
Prys per aandeel
in VSD-$
Werknemersaantal intekenare in miljoene
20056822,592,5
20069973,694,0
200712053,127,3
200813654,099,4
200916706,3211,9
2010216316,822180
2011320527,492348
2012360911,862045
2013437535,272022
2014550557,492450
2015678091,903700
20168831102,034700
201711693165,375500
2018157947100
2019201568600
2020249969400
20212969711300
20223161512800

Netflix se inkomste vir die eerste kwartaal van 2019 het $ 4,5 miljard bereik en 9,6 miljoen nuwe intekenaars (148.9M totale intekenaars) bygevoeg. Die groei van intekenaars was 16% meer in vergelyking met 2018.[4]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels