Otto von Habsburg

Duitse politikus

Otto von Habsburg, in Oostenryk amptelik Otto Habsburg-Lothringen, meestal kort Otto Habsburg genoem (* 20 November 1912 in Reichenau an der Rax; † 4 Julie 2011 in Pöcking, Beiere[1]), was die oudste seun van die laaste keiser van Oostenryk-Hongarye, Karel I, asook 'n skrywer, publisis en politikus in die Vrystaat Beiere se Christelik-Sosiale Unie (CSU). Vir dié party is hy ook as lid van die Europese Parlement verkies.

Otto von Habsburg
Otto von Habsburg
Otto von Habsburg in 2004

Ampstermyn
1979 – 1999

Persoonlike besonderhede
Gebore(1912-11-20)20 November 1912
Villa Wartholz, Reichenau an der Rax, Neder-Oostenryk, Oostenryk-Hongarye (nou Oostenryk)
Sterf4 Julie 2011 (op 98)
Pöcking, Beiere, Duitsland
Politieke partyChristelik-Sosiale Unie
Eggenoot/-notePrinses Regina van Sakse-Meiningen (1951–2010; haar dood)
Kind(ers)Andrea, Monika, Michaela, Gabriela, Walburga, Karel, Georg
ReligieRooms-Katolieke Kerk
Handtekening
LojaliteitVlag van Oostenryk Oostenryk (vanaf 1956)
Vlag van Hongarye Hongarye
Vlag van Duitsland Duitsland (vanaf 1978)
Vlag van Kroasië Kroasië (vanaf 1990)

Hy was 'n burger van Oostenryk, Duitsland en Hongarye[2] asook, volgens sy eie bewering, Kroasië.[3]

Tussen 1916 en 1918 was Otto von Habsburg die kroonprins van Oostenryk-Hongarye. Met al sy voorname en adellike titels is hy destyds Seine Kaiserliche und Königliche Hoheit Franz Joseph Otto Robert Maria Anton Karl Max Heinrich Sixtus Xaver Felix Renatus Ludwig Gaetan Pius Ignatius, Kaiserlicher Prinz, Erzherzog von Österreich, Königlicher Prinz von Ungarn genoem. Vanaf 20 November 1930 tot 1 Januarie 2007 was hy die hoof van die adellike families Habsburg-Lotaringe. Hy is in dié amp opgevolg deur sy seun Karl Habsburg-Lothringen (* 1961).

Vanaf die middel van die 1930's het Otto von Habsburg hom binne die Paneuropese Unie – en aanvanklik binne 'n Christelik-monargistiese konteks – vir die vereniging van Europa uitgespreek. Hy was 'n vasbeslote teenstander van Adolf Hitler en sy Nasionaal-Sosialistiese ideologie asook van kommunisme. In 'n doodberig is opgemerk: "In die politiek […] het hy homself as 'n 'werktuig van God' beskou.[4]

Verwysings