Pesach

een van die belangrikste Joodse feesvierings.

Pesach of Pasga (Hebreeus: פֶּסַח, péssag, ; Aramees: פַּסְחָא, pas’ga; Grieks: πάσχα, pás’ga; letterlik: "huppel", "spring"; figuurlik: "oorslaan", "weglaat"), ook lentefees, vryheidsfees of matsafees, is een van die belangrikste Joodse feesvierings. Dit herdenk die uittog uit Egipte onder die leierskap van Moses en die bevryding van die Israeliete uit slawerny, waarvan die Hebreeuse Bybel (Sjemot/Eksodus) vertel. Hierdie gebeure is sentraal in die Joodse etos en die oorvertelling (haggada) van hierdie gebeurtenis verbind elke nuwe generasie van Jode met hul sentrale bevrydingservaring.

Gedekte Sedertafel met haggada-boeke vir Sederaand op Pesach
Sederbord vir die begin van Pesach (Sederaand) met Maror, Seroa, Charosset, Chaseret, Karpas, Beitsá
Darmstadtse Haggada-boek uit die 15de eeu, volgens die Asjkenasiese tradisie
Drie soorte maror: gerasperde peperwortel, bindslaai en 'n ganse peperwortel
Moses bevry die Israeliete uit slawerny in Egipte, tekening in 1907

Die Paasfees word deur Jode in die week van 15 tot 21, in die Joodse diaspora tot 22 Nisan, volgens die Joodse kalender gevier. Dit is 'n familiefees met verskillende rites soos die Seder en die weeklange nuttiging van matsot. Daarom word dit ook "Fees van ongesuurde brode" genoem. Saam met Sjavuot en Soekkot is Pesach een van die drie tradisionele Bedevaartsfeeste (שלוש רגלים, sjalosj regalim). Tydens die bestaan van die Tweede Tempel het die Jode na Jerusalem getrek om daar offers te bring. Op Pesach volg 49 dae se Omertelling en op die 50ste dag, dus sewe weke en een dag na Pesach, word Sjavuot gevier.

Geskiedenis

Die Hebreeuse woord פסח Pesach is afgelei van 'n werkwoordstam met die betekenis "huppel".[1] Dit verwys in Sjemot/Eksodus 12,13[2] na die "oorslaan" van Joodse huise tydens JHWH se strafsaak teen die Egiptiese manlike eersgeborenes in die nag van die uittog. Die Hebreërs is gespaar omdat hulle hul deurkosyne met 'n beskermende teken gemerk het (Sjemot/Eksodus 12,27[3]).

Pesach is in Sjemot/Eksodus 12,1[4]–20 as 'n gebod van God gegee tussen die aankondiging (Sjemot/Eksodus 11,5[5]–10) en die uitvoering (Sjemot/Eksodus 12,29–51) van die laaste van die tien plae wat gestuur is. Verdere bepalings omtrent die fees word in Sjemot/Eksodus 12,43[6]–49 genoem.

Omdat die opstanding van Jesus van Nasaret op die derde dag na sy kruisiging gedurende die Joodse Paasfees gebeur het, het die Christelike Paasfees uit Pesach ontwikkel.

Datums

Die eerste dag is volgens die Joodse kalender op 15 Nisan, die werklike viering begin egter met voorbereidings op 14 Nisan. Die Seder word op die vooraand van 15 Nisan gehou. Aangesien maande in die Joodse kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie dae volgens die Gregoriaanse kalender. In Israel word Pesach sewe dag lank gevier, van 15 tot 21 Nisan, terwyl in die Joodse diaspora Pesach agt dae lank gevier word, tot 22 Nisan, net om seker te maak dat die vieringe op die regte datums gaan plaasvind.

Jaar in die Joodse kalenderDatum in die Gregoriaanse kalender
577830 Maart – 6/7 April 2018
577919–26/27 April 2019
57808–15/16 April 2020
578127 Maart – 3/4 April 2021
578215–22/23 April 2022
57835–12/13 April 2023
578422–29/30 April 2024
578512–19/20 April 2025
57861–8/9 April 2026
578721–28/29 April 2027
578810–17/18 April 2028
578930 Maart – 6/7 April 2029
579017–24/25 April 2030
57917–14/15 April 2031

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (de) Adalbert Böning (1996). Pessach – das Fest der Befreiung. „Von der Knechtschaft zur Freiheit!“. Das Pessachfest in Bibel, Talmud, Feier und Erzählung. ISBN 3-922957-44-7. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  • (en) Baruch M. Bokser (1984). The Origins of the Seder. The Passover Rite and Early Rabbinic Judaism. ISBN 0-520-05006-1. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  • (en) Paul F. Bradshaw, Lawrence A. Hoffman (2002). Passover and Easter. Origin and History to Modern Time. ISBN 0-268-03859-7. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  • (de) Michael Shire (2001). Die Pessach Haggada (2 uitg.). Berlin: Jüdische Verlags-Anstalt. ISBN 3-934658-82-2.

Eksterne skakels