Port-au-Prince

Port-au-Prince (Frans: [pɔʁopʁɛ̃s], Haïtiaanse Kreools: Pòtoprens) is die hoofstad en grootste stad van Haïti, 'n land op die Karibiese eiland Hispaniola tussen die Atlantiese Oseaan in die noorde en die Karibiese See in die suide. Die stad het 'n bevolking van 987 310 in 2015 gehad en 'n oppervlakte van 36,04 km². Port-au-Prince is in 1749 deur Franse gestig.

Port-au-Prince
Pòtoprens

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Haïti Haïti
 ProvinsieOuest
 Koördinate18°32′N 72°20′W / 18.533°N 72.333°W / 18.533; -72.333
 Stigting1749
 Oppervlakte: 
 - Totaal36,04 vk km
 Hoogte bo seevlak98 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2015)987 310
 - Bevolkingsdigtheid27 395/vk km
 - Metropolitaanse gebied2 618 894
 TydsoneUTC -5
 BurgemeesterJean Yves Jason
Nasa-Satellietbeeld van Port-au-Prince

Op 12 Januarie 2010 om 4:53 nm plaaslike tyd het 'n sterk aardbewing Port-au-Prince getref en die stad grotendeels vernietig. Volgens die Haïtiaanse regering het die aardbewing die lewe van sowat 230 000 mense geëis.

Susterstede

Verwysings

Eksterne skakels