Haïtiaanse Kreools

Haïtiaanse Kreools (Kreyòl ayisyen of kort kreyòl,[3][4] [kɣejɔl]) is 'n Kreools wat deur sowat 7,7 miljoen mense in Haïti op die Karibiese eiland Hispaniola en 'n verdere 2 miljoen wêreldwyd gepraat word.[5] Dit baseer op Frans en is die mees verspreide Kreools.[6] Haïtiaanse Kreools vorm saam met Frans die amptelike tale van Haïti. Sowat 95% van dié land se bevolking praat Haïtiaanse Kreools en 5% Frans.[7][8] Haïtiaanse Kreools is grootliks op die 18de-eeuse Frans gebaseer met invloede uit Portugees, Spaans, Taino en Wes-Afrikaanse tale soos die Niger-Kongo-tale Wolof, Ewe en Fon.[9] Haïtiaanse Kreools het 'n laer sosiale status as Frans.[10]

Haïtiaanse Kreools
kreyòl 
Uitspraak:[kɣejɔl]
Gepraat in:Vlag van Haïti Haïti 
Gebied:Karibiese See
Totale sprekers:7,7 miljoen[1]
Taalfamilie:Kreools
 Frans
  Haïtiaanse Kreools 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Haïti Haïti
Gereguleer deur:Akademi Kreyòl Ayisyen
(Haïtiaanse Kreools-akademie)[2]
Taalkodes
ISO 639-1:ht
ISO 639-2:hat
ISO 639-3:hat 
Verspreiding van Haïtiaanse Kreools
Haïtiaanse Kreools

Verwysings

Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Haïtiaanse Kreools