Baton Rouge

hoofstad en tweede grootste nedersetting van die Amerikaanse deelstaat Louisiana

Baton Rouge is die hoofstad en tweede grootste nedersetting van die Amerikaanse deelstaat Louisiana.[1] Die naam Baton Rouge kom van die Franse Bâton-Rouge, wat rooi stok beteken - 'n vertaling van die Indiaanse pleknaam Istrouma sowel as 'n verwysing na die tradisie van plaaslike Indiane om die grense van jaggronde met rooi pale te merk waarop dierkarkasse (volgens oorlewering visse en beerkoppe) vasgemaak is. In 1849 het Baton Rouge, wat in 1817 geïnkorporeer is, New Orleans as regeringsetel van Louisiana vervang. Tradisioneel dien Baton Rouge as kulturele middelpunt vir Louisiana se Cajun- en Kreole-gemeenskappe.

Baton Rouge

KaartWapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Louisiana
 Parogie (parish)East Baton Rouge
 Koördinate35°28′N 97°32′W / 35.467°N 97.533°W / 35.467; -97.533
 Geïnkorporeer1817
 Oppervlakte: 
 - Totaal1 608 vk km
 Hoogte bo seevlak396 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2007)227 071
 - Bevolkingsdigtheid1 144/vk km
 - Metropolitaanse gebied790 000
 TydsoneUTC -6 | Somertyd: UTC -5
 BurgemeesterSharon Weston
Broome (D)
 Amptelike WebwerfBaton Rouge

Baton Rouge, wat in die suidooste van die deelstaat geleë is, is die vyfde grootste stedelike nedersetting langs die Mississippi en setel van Louisiana se grootste parogie (administratiewe distrik). Danksy sy strategiese ligging het die nedersetting tot 'n belangrike rivierhawe en nywerheidstad ontwikkel. Dit is daarnaas een van die spilpunte van die nasionale logistiek- en energiebedryf.

Baton Rouge se bevolking word op 220 000 beraam. Dit beskik oor twee universiteite: die Louisiana State University en die Southern University. Baton Rouge se metropolitaanse lughawe verbind die deelstaathoofstad met die internasionale lughawens van Houston in Texas en die Suidstate-spil Atlanta in Georgia asook streekslughawens in Dallas-Fort Worth en Charlotte.

Verwysings

Eksterne skakels

Wiki-webtuistes

Amptelike webtuiste

Toerisme


Hoofstede van die Verenigde State
HoofstedeAlbanyAnnapolisAtlantaAugustaAustinBaton RougeBismarckBoiseBostonCarson CityCharlestonCheyenneColumbiaColumbusConcordDenverDes MoinesDoverFrankfortHarrisburgHartfordHelenaHonoluluIndianapolisJacksonJefferson CityJuneauLansingLincolnLittle RockMadisonMontgomeryMontpelierNashvilleOklahoma CityOlympiaPhoenixPierreProvidenceRaleighRichmondSacramentoSaint PaulSalemSalt Lake CitySanta FeSpringfieldTallahasseeTopekaTrenton