Pterosourus

uitgestorwe orde vlieënde reptiele

Die pterosourusse (van die Grieks πτερόσαυρος, pterosauros, "akkedis met vlerke") was vlieënde reptiele van die klade of orde Pterosauria. Hulle het van die laat-Trias tot die einde van die Kryt-periode (220 tot 65 miljoen jaar gelede) bestaan.[1] Pterosourusse is die eerste gewerweldes sover bekend wat kragtig kon vlieg. Hul vlerke is gevorm deur ’n membraan van vel, spiere en ander weefsel wat gestrek het van die enkels tot die drasties verlengde vierde vinger.[2]

Pterosourus
Tydperk: laat-Triaslaat-Kryt, 210–66 m. jaar gelede
Replikas van Geosternbergia sternbergi: ’n wyfie links en ’n mannetjie regs.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Orde:
Pterosauria

Kaup, 1834
Subgroepe
  • Eopterosauria
    • Preondactylus
    • †Eudimorphodontimorpha
      • Austriadactylus
      • †Eudimorphodontia
        • Peteinosaurus
        • †Eudimorphodontidae
  • Macronychoptera
    • †Dimorphodontia
    • †Novialoidea

Vroeë spesies het lang kake met tande gehad, asook lang sterte – terwyl latere spesies ’n baie korter stert gehad het en sommige het nie tande gehad nie. Pterosourusse was van verskillende groottes, van die baie klein Nemicolopterus tot die grootste vlieënde diere van alle tye, onder meer die Quetzalcoatlus en Hatzegopteryx.[3][4][5]

Pterosourusse word dikwels "vlieënde dinosourusse" genoem, hoewel dit nie korrek is nie. Die term "dinosourus" word beperk tot dié reptiele wat afstam van die laaste gemeenskaplike voorouer van die groepe Saurischia en Ornithischia (klade Dinosauria, wat voëls insluit). Daar is algemene konsensus dat dit die pterosourusse uitsluit.[6]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels