Ramadan

Heilige maand van vas vir Moslems, negende maand van die Islamitiese kalender

Ramadan of Ramadaan, ook Ramazan, Ramzan of Ramathan (Arabies: رمضان, Ramaḍān, [ramaˈdˤaːn]) is die negende maand van die Islamitiese kalender.[1] Dit word deur Moslems beskou as 'n heilige maand van vas om die eerste openbaring van die Koran te herdenk.[2][3] Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.[4][5]

Die sekelmaan kondig die begin van Ramadan aan
Tradisionele Bayram-groet van die Metropolitaanse Munisipaliteit van Istanboel in die vorm van mahya-ligte tussen die minarette van die Sultan Ahmet-moskee in Istanboel
Iftar tydens Ramadan in die Nuwe Moskee in Istanboel
Mans bid by die Blou Moskee in Mazar-e Sharif, Afghanistan

Hierdie jaarlikse viering word beskou as een van die Vyf Pilare van die Islam.[6] Die maand is 29 of 30 dae lank. Volgens talle biografiese aantekeninge in die hadit word die duur van die maand deur die visuele waarnemings van die hilal (sekelmaan) bepaal.[7][8] Van sonop na sononder mag Moslems nie eet, drink, rook of seks hê nie. Elke dag se vas word met die Iftar aan die aand beëindig. Die einde van die vas van Ramadan word met die vakansiedag Eid-oel-Fiter gevier.

Datums

Aangesien maande in die Islamitiese kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie maand volgens die Gregoriaanse kalender.

Gregoriaanse kalenderIslamitiese kalenderBegin van Ramadan (berekening)[9]Laaste vasdag (berekening)[9]
2015143618 Junie16 Julie
201614376 Junie5 Julie
2017143827 Mei24 Junie
2018143916 Mei14 Junie
201914406 Mei3 Junie
2020144124 April23 Mei
2021144213 April13 Mei
202214432 April2 Mei
2023144423 Maart21 April
2024144511 Maart10 April
202514461 Maart30 Maart
Ramadan se datums tussen 2015 en 2025. Die tabel toon die berekende datums. Die werklike begin en einde van Ramadan mag sowat een of twee dae wissel.[10]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels