Rooi Ster Belgrado

Rooi Ster Belgrado is 'n Serwiese sokkerspan in Belgrado, Serwië. Die span speel in die SuperLiga. Rooi Ster is die enigste span in Serwië wat al die Europabeker gewen het (in 1991). Hulle het sterk mededinging met die ander span in Belgrado naamlik Partizan Belgrado. Die derby tussen die spanne staan as die Eternal- of Suidoos-Europese derby bekend.

Rooi Ster Belgrado
Volle naamФудбалски клуб Црвена звезда
(Rooi Ster Belgrado)
Stigting4 Maart 1945
TuisveldRooi Ster Stadion,
Belgrado
Kapasiteit55 538 [1]
VoorsitterVlag van Serwië Svetozar Mijailović
AfrigterVlag van Serwië ?
LigaSuperLiga
2022/231. posisie
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

In 1958 is hulle deur Manchester United uit die Europese Beker geskop, maar tydens Manchester United se terugreis vanaf München na Engeland het agt spelers gesterf toe die vliegtuig waarop hul teruggereis het met opstyging neergestort het.[2]

Erelys

  • Kampioen Serwië (9)
2006/07, 2013/14, 2015/16, 2017/18, 2018/19, 2019/20, 2020/21, 2021/22, 2022/23.
  • Serwiese Beker (6)
2006/07, 2009/10, 2011/12, 2020/21, 2021/22, 2022/23
  • Champions League (1)
1991
  • UEFA Beker
(naaswenner (1): 1979)
  • Supercup
(naaswenner (1): 1991)
  • Wêreldbeker (1)
1991

Verwysings