Shirley Temple

Shirley Temple (23 April 192810 Februarie 2014) was 'n Amerikaanse aktrise en diplomaat. Sy het reeds vroeg in haar lewe roem verwerf. Die meisie met die goudblonde krulle en vonkelende oë word deur baie as die bekendste kinderster in die geskiedenis van film beskou. Sy het tussen 1932 en 1949 in meer as vyftig Amerikaanse rolprente gespeel.

Shirley Temple
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Temple, 1990

GeboortenaamShirley Temple
Geboorte23 April 1928
Santa Monica, CA, (VSA)
Sterfte10 Februarie 2014
Woodside, CA, (VSA)
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Aktrise
RolprenteBright Eyes, The Little Colonel, Curly Top, Wee Willie Winkie, Heidi, A Little Princess, The Bachelor and the Bobby-Soxer, Fort Apache, Shirley Temple's Storybook, The Shirley Temple Show
Webwerfhttp://www.shirleytemple.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Beknopte biografie

Shirley Jane Temple is op 23 April 1928 in Santa Monica in die Amerikaanse staat Kalifornië gebore. Sy begin haar loopbaan op driejarige ouderdom en het gou 'n bekende kindergesig op die silwerdoek geword.

Temple was twee keer getroud: eers met John Agar (in 1945 toe sy 17 jaar oud was) en in 1950 met die Amerikaanse oorlogsveteraan Charles Alden Black. As volwassene was sy 'n ambassadeur. Sy het die naam Shirley Temple Black gebruik.

Temple is op 10 Februarie 2014 op 85 jarige ouderdom oorlede. Sy word deur drie kinders, 'n kleindogter en twee agterkleindogters oorleef.[1]

Filmografie

Hieronder is die films waarin Temple verskyn het (kortfilms is nie gelys nie):

JaarTitelRol
1932The Red-Haired AlibiGloria Shelton
1933Out All NightKind
To the Last ManMary Stanley
1934CarolinaJoan Connelly
MandalayMandy Shaw
As the Earth TurnsKind
Stand Up and Cheer!Shirley Dugan
Change of HeartShirley
Little Miss MarkerMarthy 'Marky' Jane
Now I'll TellMary Doran
Baby Take a BowShirley Ellison
Now and ForeverPenelope 'Penny' Day
Bright EyesShirley Blake
1935The Little ColonelLloyd Sherman
Our Little GirlMolly Middleton
Curly TopElizabeth Blair
The Littlest RebelVirginia 'Virgie' Cary
1936Captain JanuaryHelen 'Star' Mason
Poor Little Rich GirlBarbara Barry
DimplesSylvia 'Dimples' Dolores Appleby
StowawayBarbara 'Ching-Ching' Stewart
1937Wee Willie WinkiePriscilla 'Winkie' Williams
HeidiHeidi Kramer
1938Rebecca of Sunnybrook FarmRebecca Winstead
Little Miss BroadwayBetsy Brown Shea
Just Around the CornerPenny Hale
1939The Little PrincessSara Crewe
Susannah of the MountiesSusannah 'Sue' Sheldon
1940The Blue BirdMytyl
Young PeopleWendy Ballantine
1941KathleenKathleen Davis
1942Miss Annie RooneyAnnie Rooney
1944Since You Went AwayBridget 'Brig' Hilton
I'll Be Seeing YouBarbara Marshall
1945Kiss and TellCorliss Archer
1947HoneymoonBarbara Olmstead
The Bachelor and the Bobby-SoxerSusan
That Hagen GirlMary Hagen
1948Fort ApachePhiladelphia Thursday
1949Mr. Belvedere Goes to CollegeEllen Baker
Adventure in BaltimoreDinah Sheldon
The Story of SeabiscuitMargaret O'Hara/Knowles
A Kiss for CorlissCorliss Archer

Verwysings

Eksterne skakels