Singapoer Changi Lughawe

Die Internasionale Singapoer Changi Lughawe (IATA: SIN, ICAO: WSSS), is die belangrikste lughawe in Singapoer. Dit is 'n groot lugvaartspilpunt in Suidoos-Asië, geleë 17 km (10 myl) noordoos[5] van die besigheidsentrum in Changi, op 'n 13 vierkante kilometer (3 200 hektaar) perseel.

Singapoer Changi Lughawe
Lapangan Terbang Antarabangsa
Changi Singapura

新加坡樟宜机场
Xīnjiāpō Zhāngyí Jīchǎng

சிங்கப்பூர் சாங்கி
விமானநிலையம் 
Ciṅkappūr Cāṅki Vimana Nilaiyam
IATA: SINICAO: WSSS
Opsomming
Tipe lughaweOpenbaar / Militêr
EienaarSingapoerse Regering[1]
OperateurChangi Lughawegroep
BedienSingapoer
LiggingChangi, Oostelike streek, Singapoer
Spil vir
Hoogte bo seevlak7 m / 22 vt
Webtuistewww.changiairport.com
Landkaart
SIN is in Singapoer
SIN
SIN

Ligging in Singapoer

Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
02L/20R4 000/3 26013 123Teer
02C/20C4 00013 123Teer
02R/20L [2]2 7509 022Teer
Statistieke (2021)
Passasiers 3 053 000
Lugbewegings 109 000
Vrag tonnemaat 1 947 000
Ekonomiese & sosiale impakVS$13.3 miljard & 119 000 (2017)
Bronne: Changi Lughawegroep se webblad,[3] Airports Council International[4] Singapoerse Lugvaart Inligtingspublikasie[5]
Aankoms en immigrasiesaal

Die lughawe, wat deur die Changi Lughawegroep bedryf word, is die tuisbasis van Singapore Airlines, Singapore Airlines Cargo, SilkAir, Scoot,[6] Jetstar Asia Airways en Valuair. In Mei 2013 bedien Changi Lughawe meer as 100 lugrederye met 6 400 weeklikse vlugte wat Singapoer met meer as 250 stede in 60 lande en gebiede wêreldwyd verbind.[7] Tot 30 Maart 2013 het die lughawe ook gedien as 'n sekondêre spil vir Qantas, wat Singapoer gebruik het as die belangrikste halte vir vlugte op die Kangaroe-roete tussen Australië en Europa. Qantas was die grootste buitelandse lugredery wat die lughawe gebruik het, met meer as twee miljoen passasiers per jaar. Met meer as 28 000 personeel in diens by die lughawe is dit 'n belangrike bydraer tot die ekonomie van Singapoer, en is jaarliks verantwoordelik is vir meer as S$4.5 miljard se omset.

Changi Lughawe het drie passasiersterminale met 'n totale jaarlikse hanteringskapasiteit van 66 miljoen passasiers. Terminaal 1 is in 1981 geopen, gevolg deur Terminaal 2 in 1990 en Terminaal 3 in 2008. Die Ekonomieterminaal is op 26 Maart 2006 geopen en weer op 25 September 2012 gesluit; dit sal plek maak vir Terminaal 4 wat teen 2017 gereed sal wees.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.