Sinoniem
woorde met dieselfde of soortgelyke betekenisse
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld:
- Die afrigter/breier van 'n span; en
- Om 'n afkeer van/hekel aan iets te hê.
Alhoewel twee woorde soms min of meer dieselfde beteken, is die nie vanselfsprekend dat albei ewe goed op elke plek inpas nie, want die gevoelswaarde en toon kan verskil:
- Die heelal is oneindig/eindeloos
Eindeloos en oneindig beteken albei sonder einde, maar oneindig beteken ook buitengewoon groot of onbegrens. Eindeloos druk soms 'n negatiewe gevoel uit:
- Hulle het oor die eindelose sandduine voortgestrompel.
Voorbeelde
Voorbeelde van sinonieme:
- aanhaal — siteer
- aanwesig — teenwoordig
- aborsie — vrugafdrywing
- advertensie — reklame
- bly – opgewonde, opgeruimd
- bang – bevrees, beangs, vreesbevange
- chemie — skeikunde
- dwing — forseer
- ellendig — miserabel
- folter — martel
- giftig — toksies
- jaloesie — afguns
- kwaad – woedend, boos, omgekrap
- komieklik — koddig / snaaks
- lessenaar — skryftafel
- moeg – uitgeput, tam, energieloos
- periode — tydperk
- teenstander — opponent
- tydperk — periode
- wanhopig — desperaat
- wins — profyt
Sien ook
- Antoniem, woorde wat teenoorgestelde betekenis het.
- Homoniem, woorde wat dieselfde spelling het en dieselfde klink, maar die betekenisse verskil.
- Homograaf, woorde wat dieselfde spelling het, maar nie dieselfde betekenis, klankvorm of oorsprong het nie.
- Homofoon, woorde wat eenders klink, maar die betekenis en spelling verskil.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladPornhubMediese diagnoseAardverwarmingSpesiaal:Onlangse wysigingsTrappe van vergelykingAntoniemSuid-AfrikaApartheidNazi-DuitslandTropiese sikloonCarles PuigdemontErfenisdag (Suid-Afrika)AardbewingGeweldVergelykings (taalkunde)Intensiewe vormGetalMieliestronkDroogteNelson MandelaErfenisAfkortingBoelierySwangerskapNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLionel PetersonMenseregteVoornaamwoordHolocaustBynierWaarheid-en-versoeningskommissieSelfstandige naamwoordMarie AntoinetteByvoeglike naamwoordWikipediaRobbeneilandWikipedia:Gebruikersportaal