Stade de Gerland

Die Stade de Gerland is die hoofsportmiddelpunt van die Franse stad Lyon. Die stadion wat in die Gerlandkwartier geleë is het tussen 1950 en 2015 as tuisveld van Olympique Lyonnais gebruik. Die stadion is vir sommige van die wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 en Rugbywêreldbeker 2007 gebruik.

Stade de Gerland
Stade de Gerland

UEFA

Die Stade de Gerland voor die wedstryd tussen Australië en Japan tydens die Rugbywêreldbeker 2007

BynaamLe Temple
Volle naamStade Gerland
Ligging353, Avenue Jean-Jaurès, 69007 VIIde Arrondissement, Lyon, Frankryk
Koördinate45°43′25.6″N 4°49′56.1″O / 45.723778°N 4.832250°O / 45.723778; 4.832250 4°49′56.1″O / 45.723778°N 4.832250°O / 45.723778; 4.832250
EienaarStad Lyon
OperateurStad Lyon
Kapasiteit43 051
OppervlakGras
Konstruksie
Eerste sooi gespit1913
Gebou1914
Geopen1926
Uitgebrei1960, 1980, 1998
Boukoste32,7 m
(insluitend renovasies)
ArgitekTony Garnier
René Gagis (renovasie)
Huurders
Olympique Lyonnais (Ligue 1)
(1950–2015)
Lugbeeld van die Stade de Gerland
Wedstryd tussen Australië en Japan tydens die Rugbywêreldbeker 2007

Bouwerk aan die stadium, ontwerp deur die Lyonse inwoner Tony Garnier, het in 1913 'n aanvang geneem. Konstruksie is egter kort daarna deur die uitbraak van die Eerste Wêreldoorlog onderbreek. Na die einde van die oorlog is konstruksie in 1919 met die hulp van 'n groot aantal Duitse krygsgevangenes hervat. Die stadium was teen 1920 ten volle funksioneel.

Oorspronklik het die stadion geen onderdaksitplekke gehad nie en aansienlike herbouings is mettertyd aangebring. In 1960 moes die fietsrybaan wat om die sokkerveld geloop het opgeoffer word om die sitplekkapasiteit na meer as 50 000 te vermeerder. In 1984 het die aantal toeskouers 51 680 vir sekere Europese Sokkerkampioenskapwedstryde gehaal.

Vedere renovasies was nodig vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 aangesien FIFA teen daardie tyd daarop aangedring het dat alle stadiums wat vir internasionale wedstryde, insluitend Wêreldbekerwedstryde, sitplekke vir alle toeskouers moes hê. Die noord- en suidpawiljoene is geheel en al gesloop en die atletiekbaan wat oorgebly het na die fietsrybaan verwyder is moes ook afgestaan word. Die nuwe inkarnasie van Gerland het 'n maksimumkapsiteit van 43 051 bereik.

Die stadium bestaan tans uit twee hoofpawiljoene: 'n noord- en suidpawiljoen. Daar is ook twee kantpawiljoene: Die tribune Jean Jaurès en die tribune Jean Bouin.

Tussen 1950 en 2015 was die stadion die tuiste van Olympique Lyonnais wat 'n nuwe veld nodig gehad het toe dit afgeskei het van Lyon Olympique sportklub wat by die Stade des Iris gespeel het.

In 1967 is die stadion as 'n historiese monument verklaar met veral die boogingange wat as bewaringswaardig beskou word.

Die rekordbywoning vir 'n Ligue 1 wedstryd is 48 552 vir 'n wedstryd tussen Olympique Lyonnais en AS Saint-Étienne in 1982.

Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 het die stadion vyf groepwedstryde aangebied.

Tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 het 'n tragedie hom op die stadion afgespeel tydens die halfeindstryd tussen Kameroen en Colombia toe die Kameroense middeveldspeler Marc-Vivien Foé op die veld ineengestort het en kort daarna in die hospitaal gesterf het.

In 1972 is die Rugby League Wêreldbekereindstryd by die stadion gehou.

Olympique Lyonnais het in 2015 sy tuisveld na die nuwe stadion Parc Olympique Lyonnais geskuif.

Wedstryde

Europese Sokkerkampioenskap 1984

Hoofartikel: Europese Sokkerkampioenskap 1984.
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
16 Junie 198420:30  Denemarke5–0  Joego-SlawiëGroep A24 736
24 Junie 198420:00  Spanje1–1 (5–4 straf.)  DenemarkeHalfeindstryd47 843

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
13 Junie 199817:30  Suid-Korea1–3  MeksikoGroep E39 100
15 Junie 199817:30  Roemenië1–0  ColombiaGroep G37 572
21 Junie 199821:00  Verenigde State1–2  IranGroep F39 100
24 Junie 199816:00  Frankryk2–1  DenemarkeGroep C39 100
26 Junie 199816:00  Japan1–2  JamaikaGroep H39 100
4 Julie 199821:00  Duitsland0–3  KroasiëKwarteindstryd39 100

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003

Hoofartikel: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003.
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
18 Junie 200321:00  Frankryk1–0  ColombiaGroep A38 541
20 Junie 200319:00  Colombia3–1  Nieu-SeelandGroep A22 811
21 Junie 200321:00  Brasilië1–0  Verenigde StateGroep B20 306
23 Junie 200321:00  Verenigde State0–0  KameroenGroep B19 206
26 Junie 200318:00  Kameroen1–0  ColombiaHalfeindrondte12 352

Rugbywêreldbeker 2007

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
8 September 200715:45 Australië91–3 JapanGroep B40 043
11 September 200720:00 Argentinië33–3 GeorgiëGroep D40 240
15 September 200713:00 Nieu-Seeland108–13 PortugalGroep C40 729

Eksterne skakels