Euro

geldeenheid van die meeste lande in die Europese Unie
Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
RangGeldeenheidSimbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1Vlag van Verenigde State van AmerikaAmerikaanse dollarUSD ($)87,0%
2Vlag van EuropaEuroEUR (€)33,4%
3Vlag van JapanJapannese jenJPY (¥)23,0%
4Vlag van Verenigde KoninkrykPond sterlingGBP (£)11,8%
5Vlag van SwitserlandSwitserse frankCHF (CHF)8,6%
6Vlag van KanadaKanadese dollarCAD ($)5,2%
7Vlag van AustraliëAustraliese dollarAUD ($)4,6%
8Vlag van MeksikoMeksikaanse pesoMXN ($)2,5%
9Vlag van Volksrepubliek ChinaChinese juanCNY (¥)2,2%
10Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seelandse dollarNZD ($)2,0%
11Vlag van SwedeSweedse kroonSEK (kr)1,8%
12Vlag van RuslandRussiese roebelRUB (₽)1,6%
13Vlag van HongkongHongkong-dollarHKD ($)1,4%
14Vlag van Noorweë Noorse kroonNOK (kr)1,4%
15Vlag van SingapoerSingapoer-dollarSGD ($)1,4%
16Vlag van TurkyeTurkse liraTRY (₺)1,3%
17Vlag van Suid-Korea Suid-Koreaanse wonKRW (₩)1,2%
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse randZAR (R)1,1%
19Vlag van Brasilië Brasiliaanse realBRL ($)1,1%
20Vlag van Indië Indiese roepeeINR (₹)1,0%
Ander6,3%
Totaal[n 1]200%

Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]

Die euro se valutateken
Euromunte en -banknote

Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 20 van die 27 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosovo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie.[4] Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer.[5] 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[6]

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[7] op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta[8] en Siprus,[9] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[10] op 1 Januarie 2011 in Estland,[11] op 1 Januarie 2014 in Letland,[12] op 1 Januarie 2015 in Litaue[13] en op 1 Januarie 2023 in Kroasië.[14]

Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[15] Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.[16]

Politieke oorwegings

Behalwe vir die ekonomiese motiverings vir die instelling van die euro, was die skepping daarvan ook deels geregverdig as 'n manier om 'n nader gevoel van gesamentlike identiteit tussen Europese burgers te bevorder. Verklarings oor hierdie doelwit is byvoorbeeld gemaak deur Wim Duisenberg, Europese Goewerneur van die Sentrale Bank, in 1998,[17] Laurent Fabius, Franse Minister van Finansies, in 2000,[18] en Romano Prodi, President van die Europese Kommissie, in 2002.[19] Maar, 15 jaar na die instelling van die euro, het 'n studie geen bewyse gevind dat dit 'n positiewe invloed op 'n gedeelde gevoel van Europese identiteit gehad het nie (en geen bewys dat dit ook 'n negatiewe uitwerking gehad het nie).[20]

Wisselkoerse

Die Eurosone:

   20 EU-lande met euro

   Ander lande met euro

   7 EU-lande sonder euro

Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland
Die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie:

   Lidlande van die Eurosone

   Wisselkoersmeganisme II

   WKM-II-lidland met Opt-out-klousule

   Land met Opt-out-klousule

   Ander EU-lidlande

Gebruik van Amerikaanse dollar en euro wêreldwyd:

   Verenigde State van Amerika

   Ander lande wat die Amerikaanse dollar as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Europese Ekonomiese en Monetêre Unie

   Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro

Wisselkoers tussen euro en Amerikaanse dollar sedert 1999
Wisselkoers tussen euro en Jen sedert 1999
Wisselkoers tussen euro en Pond sterling sedert 1999
Wisselkoers tussen euro en Switserse frank sedert 1999
Wisselkoers tussen euro en Suid-Afrikaanse rand sedert 1999

Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:

Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone
GeldeenheidKode
(ISO 4217)
Wisselkoers[21]Gevestig opOpgelewer
Belgiese frankBEF700140339900000000040,339931 Desember 19981 Januarie 1999
Duitse markDEM70001955830000000001,9558331 Desember 19981 Januarie 1999
Estniese kroonEEK700115646600000000015,646613 Julie 20101 Januarie 2011
Finse markkaFIM70005945730000000005,9457331 Desember 19981 Januarie 1999
Franse frankFRF70006559570000000006,5595731 Desember 19981 Januarie 1999
Griekse dragmeGRD7002340750000000000340,7519 Junie 20001 Januarie 2001
Ierse pondIEP69997875640000000000,78756431 Desember 19981 Januarie 1999
Italiaanse liraITL70001936000000000001,936,2731 Desember 19981 Januarie 1999
Kroatiese kunaHRK70007534500000000007,534510 Julie 20101 Januarie 2023
Letse latsLVL69997028040000000000,7028049 Julie 20131 Januarie 2014
Litause litasLTL70003452800000000003,452823 Julie 20141 Januarie 2015
Luxemburgse frankLUF700140339900000000040,339931 Desember 19981 Januarie 1999
Maltese liraMTL69994293000000000000,429310 Julie 20071 Januarie 2008
Monegaskiese frankMCF70006559570000000006,5595731 Desember 19981 Januarie 1999
Nederlandse guldenNLG70002203710000000002,2037131 Desember 19981 Januarie 1999
Oostenrykse schillingATS700113760300000000013,760331 Desember 19981 Januarie 1999
Portugese escudoPTE7002200482000000000200,48231 Desember 19981 Januarie 1999
San Marinese liraSML70001936000000000001,936,2731 Desember 19981 Januarie 1999
Sipriese pondCYP69995852740000000000,58527410 Julie 20071 Januarie 2008
Slowaakse korunaSKK700130126000000000030,1268 Julie 20081 Januarie 2009
Sloweense tolarSIT7002239640000000000239,6411 Julie 20061 Januarie 2007
Spaanse pesetaESP7002166386000000000166,38631 Desember 19981 Januarie 1999
Vatikaanse liraVAL70001936000000000001,936,2731 Desember 19981 Januarie 1999

Banknote

2002-reeks
BeeldWaardeAfmetings
(millimeter)
HoofkleurOntwerpDrukkerkodeposisie
VoorkantAgterkantArgitektuurEeu
€5120 × 62GrysKlassiek< 5deLinker beeldrand[22]
€10127 × 67RooiRomaans11–12de8:00-uur ster[23]
€20133 × 72BlouGoties12–14de9:00-uur ster[24]
€50140 × 77OranjeRenaissance15–16deRegter beeldrand[25]
€100147 × 82GroenBarok & Rokoko17–18deRegs van 9:00-uur ster[26]
€200153 × 82GeelbruinTydperk van yster en glas19–20steBo 7:00-uur ster[27]
€500160 × 82PersModerne 20ste eeu20–21ste9:00-uur ster[28]
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.
Europa-reeks[29]
BeeldWaardeJaarAfmetings
(millimeter)
HoofkleurOntwerpDrukkerkodeposisie
VoorkantAgterkantArgitektuurEeu
€52013120 × 62Grys[30]Klassiek[30]< 5de[30]Regs bo
€102014127 × 67Rooi[30]Romaans[30]11–12de[30]Regs bo
€202015133 × 72Blou[30]Goties[30]12–14de[30]Regs bo
€502017140 × 77Oranje[30]Renaissance[30]15–16de[30]Regs bo
€1002019147 × 82Groen[30]Barok & Rokoko[30]17–18de[30]Regs bo
€2002019153 × 82Geelbruin[30]Tydperk van yster en glas[30]19–20ste[30]Regs bo
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

Spesiale muntstukke

Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.

Geskiedenis

Aanvanklike suksesse

Die invoering van die euro in 1999 het sonder probleme verloop en Griekeland (2000), Slowenië (2006), Malta (2007) Siprus (2007), en Slowakye (2008) het tot die eurosone toegetree. Sommige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.[31] Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Ander lande soos die Baltiese State het hulle munt aan die euro gekoppel en baie ekonomiese groei ervaar.

Die eurokrisis

Eers later, ná die Beursineenstorting van 2008 het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie.[32]

Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings. Die ander land van die sgn. PIIGS Portugal, Ierland, Italië, Griekeland en Spanje wat ook groot staatskulde gehad het het ook probleme gekry. Spekulasie teen hulle obligasies het hulle rentes doen styg, maar in 2012 het Mario Draghi die Europese Sentrale Bank tot lender of last resort verklaar. Hij begin om meer euros te druk en daarmee die obligasies op te koop. Dit het die krisis besweer.[33] In Griekeland wat nooit die euro losgelaat het nie, het dit langer geduur en die IMF het lenings moet verstrek. Die besuinigings het die land in 'n diep krisis gestort maar die land is in 2023 terug op sy bene.[34]

Die eurokrisis het die euro se geloofwaardigheid baie geskaad. Lande soos Tsjechië het van hulle planne om tot die eurosone toe te tree afgesien, maar nie die drie Baltiese state nie wat teenstelling tot die PIIGS kleine staatskulde het. Estland tree toe tot die eurosone in 2011 wanneer die kritiek op die euro die luidste is[35]en Letland en Litoue volg later (in 2014 en 2015). Helle het hoegenaamd geen probleme nie en gee minder gled uit om hulle rentes op die staatskuld te betaal.

Ná die krisis

In die jare ná die krisis het die ECB 'n baie belangriker rol gaan speel in die ekonomie van Europa en die wêreld. In 2023 word 50% van die invoer en uitvoer in die wêreld in Ameriaanse dollars betaal, met die Euro op die tweede plek met 42%.[36] Om die ekonomiese probleme wat deur die coronavirus veroorsaak is te help oplos het die EU selfs besluit om self skulde te gaan maak. Hulle het besluit 'n herstel en stimuleerfonds van €2.264,3 miljard te skep om die ekonomieë weer op gang te bring.[37] Dit sou sonder die euro se herstelde geloofwaardigheid nie moontlik gewees het nie. Op 1 Januarie 2023 het ook Kroasië besluit om tot die eurosone toe te tree. Bulgarye het planne om hulle te volg,

Sien ook

  • Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit
  • Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie
  • IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.

Notas

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Bartram, Söhnke M.; Taylor, Stephen J.; Wang, Yaw-Huei (Mei 2007). "The Euro and European Financial Market Dependence". Journal of Banking and Finance. 51 (5): 1461–1481. SSRN 924333.
  • (en) Bartram, Söhnke M.; Karolyi, G. Andrew (Oktober 2006). "The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures". Journal of Empirical Finance. 13 (4–5): 519–549. doi:10.1016/j.jempfin.2006.01.002. SSRN 299641.
  • (en) Baldwin, Richard; Wyplosz, Charles (2004). The Economics of European Integration. New York: McGraw Hill. ISBN 0-07-710394-7.
  • (en) Buti, Marco; Deroose, Servaas; Gaspar, Vitor; Nogueira Martins, João (2010). The Euro. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-92-79-09842-0.
  • (en) Simonazzi, A.; Vianello, F. (2001). "Financial Liberalization, the European Single Currency and the Problem of Unemployment". In Franzini, R.; Pizzuti, R.F. (reds.). Globalization, Institutions and Social Cohesion. Springer. ISBN 3-540-67741-0.

Eksterne skakels