T20I-wêreldbeker 2021
Die T20I-wêreldbeker 2021 (Engels: 2021 ICC Men's T20 World Cup) is van 17 Oktober tot 14 November 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die sewende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit was die eerste toernooi wat amptelik T20I-wêreldbeker genoem is, met al die vorige toernooie waarna as Wêreldtwintig20 verwys is.[3] Dié toernooi sou oorspronklik van 18 Oktober tot en met 15 November 2020 in Australië aangebied word,[4] maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit na 2021 uitgestel[5] met Indië as die nuwe gasheer, terwyl die volgende T20I-wêreldbeker 2022 aan Australië toegewys is.[6] As gevolg van die pandemiesituasie in Indië is die 2021-toernooi in Junie 2021 na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, met 17 Oktober tot 14 November as die nuwe datums.[7] Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka, die 2014-toernooi in Bangladesj en die 2016-toernooi in Indië was dit die vierde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi wat deur Asiatiese lande gehou is. Die T20I-wêreldbeker 2021 het vyf en ’n half jaar ná die vorige T20I-wêreldbeker 2016 plaasgevind, die langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie nog.
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2021 | |
Datums | 17 Oktober – 14 November |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Twintig20 (T20I) |
Toernooiformaat | Eerste rondte, Super Twaalf en uitklopfase |
Gashere | Oman Verenigde Arabiese Emirate |
Kampioen | Australië (1ste titel) |
Naaswenner | Nieu-Seeland |
Deelnemers | 16 (71 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 45 |
Bywoning | 378 895 (8 420 per wedstryd) |
Speler van die reeks | David Warner |
Meeste lopies | Babar Azam (303)[1] |
Meeste paaltjies | Wanindu Hasaranga (16)[2] |
← 2016 2022 → |
16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem: Die nege beste toetskrieketlande (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan en Nieu-Seeland het Engeland geklop, waardeur twee spanne in die eindwedstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie.[8] Daarbenewens het vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis dié twee Oseaniese spanne – en twee van die Suidelike Halfrond – in die eindstryd ontmoet. Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015 asook tydens die Kampioenetrofeë in 2006 en 2009 was dit Australië se agtste internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel. Die medegasheer Oman is reeds in die eerste rondte uitgeskakel, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate nie vir dié toernooi gekwalifiseer het nie.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2021 aangewys, maar die toernooi is later aan Oman en die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig. Indië het egter steeds as nominale gasheer aangebly. Dit was die eerste internasionale kriekettoernooi wat in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied is, asook die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur geassosieerde lede van die IKR gehuisves is.[9]
Deelnemers
Kwalifisering
Die nege beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het saam met die gasheer Indië regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer. Van dié tien spanne is die beste agt spanne in die Super Twaalf geplaas.[10][11] Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer: Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië (gasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as beste volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer.[12] Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Namibië en Papoea-Nieu-Guinee het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem. Vir Papoea-Nieu-Guinee was dit die eerste deelname aan ’n vername IKR-toernooi nog,[13][14] terwyl Namibië voorheen aan die Krieketwêreldbeker 2003 deelgeneem het. Nadat Zimbabwe weens politieke inmenging deur die Internasionale Krieketraad geskors is, het hulle nie in aanmerking vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2021 gekom nie.[15]
In Augustus 2021 is kommer uitgespreek oor die Afghaanse span se deelname aan die T20I-wêreldbeker 2021 weens die Taliban se magsoorname in dié land.[16] Die Afghaanse span se mediabestuurder, Hikmat Hassan, het bevestig dat Afghanistan ondanks die politieke omswaai in dié land wel aan die toernooi sou deelneem.[17] Op 6 Oktober 2021 het die Afghaanse span Kaboel verlaat om in Doha, Katar, aan ’n oefenkamp voor die toernooi deel te neem.[18] Die Afghaanse span het wel aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem en voortgegaan om die ou vlag van Afghanistan te gebruik en truie in die driekleurige vlag van die Islamitiese Republiek Afghanistan se kleure swart-rooi-groen te dra.[19]
Kwalifiserende spanne
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Indië | Gasheer | Sewende | 2016 | Kampioen (2007) |
Afghanistan | IKR se T20I-ranglys | Vyfde | 2016 | Super Tien (2016) |
Australië | Sewende | 2016 | Naaswenner (2010) | |
Bangladesj | Sewende | 2016 | Tweede rondte (2007, 2014, 2016) | |
Engeland | Sewende | 2016 | Kampioen (2010) | |
Nieu-Seeland | Sewende | 2016 | Halfeindrondte (2007, 2016) | |
Pakistan | Sewende | 2016 | Kampioen (2009) | |
Sri Lanka | Sewende | 2016 | Kampioen (2014) | |
Suid-Afrika | Sewende | 2016 | Halfeindrondte (2009, 2014) | |
Wes-Indië | Sewende | 2016 | Kampioen (2012, 2016) | |
Ierland | T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2019 | Sesde | 2016 | Super Agt (2009) |
Namibië | Eerste | – | Debuut | |
Nederland | Vierde | 2014 | Super Tien (2014) | |
Oman | Tweede | 2016 | Eerste rondte (2016) | |
Papoea-Nieu-Guinee | Eerste | – | Debuut | |
Skotland | Vierde | 2016 | Eerste rondte (2007, 2009, 2016) |
Stadions
Tydens die toernooi is drie Emiratiese en een Omaanse stadions gebruik. Altesaam 45 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2021 beslis, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Tydens die toernooi is die kapasiteit op 70% beperk.[20]
Verenigde Arabiese Emirate | Oman | ||
---|---|---|---|
Doebai | Sharjah | Aboe Dhabi | Maskat |
Doebai Internasionale Krieketstadion | Sharjah-krieketstadion | Sheikh Zayed-krieketstadion | Omaanse Krieketakademieveld |
25°2′48″N 55°13′8″O / 25.04667°N 55.21889°O | 25°19′50.96″N 55°25′15.44″O / 25.3308222°N 55.4209556°O | 24°23′47″N 54°32′26″O / 24.39639°N 54.54056°O | 23°29′17.1″N 58°29′38.3″O / 23.488083°N 58.493972°O |
Kapasiteit: 25 000 | Kapasiteit: 27 000 | Kapasiteit: 20 000 | Kapasiteit: 3 000 |
Formaat
Die T20I-wêreldbeker 2021 is oor 29 dae tussen 16 verskillende nasies oor 45 wedstryde beslis. Dit het op 17 Oktober 2021 op Omaanse Krieketakademieveld in Maskat, Oman, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Oman en Papoea-Nieu-Guinee begin. Die toernooi het geëindig op Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, op 14 November met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2021 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Eerste rondte en Super Twaalf
Die T20I-wêreldbeker 2021 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 31 Desember 2018 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die Super Twaalf deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Twaalf is deur twaalf spanne in twee groepe van ses spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vyf wedstryde in die Super Twaalf gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Twaalf-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2021-effek op 2022-kwalifisering
Die elf beste spanne van die 2021-toernooi (saam met die 2022-gasheer Australië) het regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer. Hulle is Afghanistan, Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.[21]
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 16 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[22]
Skeidsregters
|
Wedstrydbeamptes
|
Wedstryde
Kwalifiseer vir die Super Twaalf. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Twaalf en die uitklopfase. Die groepe is op 16 Julie 2021 bekend gemaak.
Eerste rondte
Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die Super Twaalf deurgedring.
Groep A
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Sri Lanka | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +3.754 |
Namibië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.523 |
Ierland | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.853 |
Nederland | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −2.460 |
t | ||
Max O’Dowd 51 (47) Curtis Campher 4/26 (4 boulbeurte) | Gareth Delany 44 (29) Pieter Seelaar 1/14 (2.1 boulbeurte) |
t | ||
Craig Williams 29 (36) Maheesh Theekshana 3/25 (4 boulbeurte) | Bhanuka Rajapaksa 42* (27) JJ Smit 1/7 (1 boulbeurt) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is Namibië se laagste telling in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[26]
t | ||
Max O’Dowd 70 (56) Jan Frylinck 2/36 (4 boulbeurte) | David Wiese 66* (40) Pieter Seelaar 1/8 (2 boulbeurte) |
t | ||
Wanindu Hasaranga 71 (47) Josh Little 4/23 (4 boulbeurte) | Andrew Balbirnie 41 (39) Maheesh Theekshana 3/17 (4 boulbeurte) |
t | ||
Paul Stirling 38 (24) Jan Frylinck 3/21 (4 boulbeurte) | Gerhard Erasmus 53* (49) Curtis Campher 2/14 (3 boulbeurte) |
t | ||
Colin Ackermann 11 (9) Lahiru Kumara 3/7 (3 boulbeurte) | Kusal Perera 33* (24) Brandon Glover 1/12 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nederland is binne tien boulbeurte uitgeboul wat dit die kortste beurt in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd maak waartydens al die kolwers van dieselfde span uitgeboul is.[35][36]
- Vyf Nederlandse kolwers is been-voor-paaltjie betrap, die meeste in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[35]
- Colin Ackermann (Ned) se elf lopies is die swakste hoogste individuelle telling in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd nog.[35][37]
Groep B
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Skotland | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +0.775 |
Bangladesj | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +1.733 |
Oman | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | −0.025 |
Papoea-Nieu-Guinee | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −2.655 |
t | ||
Assad Vala 56 (43) Zeeshan Maqsood 4/20 (4 boulbeurte) | Jatinder Singh 73* (42) Nosaina Pokana 0/15 (2 boulbeurte) |
- Oman het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ayaan Khan en Kashyap Prajapati (albei Oma) het hul T20I-debuut gemaak.
t | ||
Chris Greaves 45 (28) Mahedi Hasan 3/19 (4 boulbeurte) | Mushfiqur Rahim 38 (36) Brad Wheal 3/24 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shakib Al Hasan (Ban) neem sy 108ste paaltjie en word sodoende die beste T20I-bouler.[38]
t | ||
Richie Berrington 70 (49) Kabua Morea 4/31 (4 boulbeurte) | Norman Vanua 47 (37) Josh Davey 4/18 (3.3 boulbeurte) |
- Skotland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t | ||
Mohammad Naim 64 (50) Bilal Khan 3/18 (4 boulbeurte) | Jatinder Singh 40 (33) Mustafizur Rahman 4/36 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t | ||
Mahmudullah 50 (28) Assad Vala 2/26 (3 boulbeurte) | Kiplin Doriga 46 (34) Shakib Al Hasan 4/9 (4 boulbeurte) |
t | ||
Aqib Ilyas 37 (35) Josh Davey 3/25 (4 boulbeurte) | Kyle Coetzer 41 (28) Fayyaz Butt 1/26 (3 boulbeurte) |
Super Twaalf
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Twaalf spanne het aan die Super Twaalf deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +2.464 |
Australië | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +1.216 |
Suid-Afrika | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +0.739 |
Sri Lanka | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | −0.269 |
Wes-Indië | 5 | 1 | 4 | 0 | 2 | −1.641 |
Bangladesj | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −2.383 |
t | ||
Aiden Markram 40 (36) Josh Hazlewood 2/19 (4 boulbeurte) | Steve Smith 35 (34) Anrich Nortje 2/21 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t | ||
Chris Gayle 13 (13) Adil Rashid 4/2 (2.2 boulbeurte) | Jos Buttler 24* (22) Akeal Hosein 2/24 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Adil Rashid behaal die beste T20I-boulsyfers vir ’n Engelse bouler.[44][45]
- Adil Rashid se twee afgestane lopies vir vier paaltjies is die mees ekonomiese boulsyfers in T20I-krieket.[44]
- Wes-Indië se telling is die laagste deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[44][46][47]
- Dit is die eerste keer wat Wes-Indië minder as 100 lopies in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aanteken.[44]
- Dit is die eerste keer dat Engeland die teiken in minder as tien T20I-boulbeurte haal.[44][48]
- Dit is Wes-Indië se eerste nederlaag teen Engeland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[44]
t | ||
Mohammad Naim 62 (52) Chamika Karunaratne 1/12 (3 boulbeurte) | Charith Asalanka 80* (49) Shakib Al Hasan 2/17 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shakib Al Hasan (Ban) neem sy 40ste paaltjie en word sodoende die beste bouler in T20I-wêreldbekertoernooie.[49]
t | ||
Evin Lewis 56 (35) Dwaine Pretorius 3/17 (2 boulbeurte) | Aiden Markram 51* (26) Akeal Hosein 1/27 (4 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t | ||
Mushfiqur Rahim 29 (30) Tymal Mills 3/27 (4 boulbeurte) | Jason Roy 61 (38) Nasum Ahmed 1/26 (3 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t | ||
Kusal Perera 35 (25) Adam Zampa 2/12 (4 boulbeurte) | David Warner 65 (42) Wanindu Hasaranga 2/22 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t | ||
Nicholas Pooran 40 (22) Shoriful Islam 2/20 (4 boulbeurte) | Liton Das 44 (43) Jason Holder 1/22 (4 boulbeurte) |
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Roston Chase (WI) het sy T20I-debuut gemaak.
t | ||
Pathum Nissanka 72 (58) Dwaine Pretorius 3/17 (3 boulbeurte) | Temba Bavuma 46 (46) Wanindu Hasaranga 3/20 (4 boulbeurte) |
t | ||
Aaron Finch 44 (49) Chris Jordan 3/17 (4 boulbeurte) | Jos Buttler 71* (32) Ashton Agar 1/15 (2.4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t | ||
Jos Buttler 101* (67) Wanindu Hasaranga 3/21 (4 boulbeurte) | Wanindu Hasaranga 34 (21) Moeen Ali 2/15 (3 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Jos Buttler word die negende kolwer en tweede Engelsman wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal slaan.[51][52]
- Wanindu Hasaranga (SL) neem sy 50ste T20I-paaltje.[53]
- Kaptein Eoin Morgan (Eng) neem sy span na hul 43 T20I-oorwinning en word sodoende die mees suksesvolle T20I-kaptein.[54]
t | ||
Mahedi Hasan 27 (25) Anrich Nortje 3/8 (3.2 boulbeurte) | Temba Bavuma 31* (28) Taskin Ahmed 2/18 (4 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Bangladesj en Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.[55]
t | ||
Shamim Hossain 19 (18) Adam Zampa 5/19 (4 boulbeurte) | Aaron Finch 40 (20) Shoriful Islam 1/9 (1 boulbeurt) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Adam Zampa word die negende bouler en tweede Australiër wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[56][57]
- Australië haal die wenteiken binne-in 6.2 boulbeurte, die hoogste oorwinning in ’n T20I-wedstryd tussen twee volle lede volgens oorblywende balle.[58][59]
t | ||
Charith Asalanka 68 (41) Andre Russell 2/33 (4 boulbeurte) | Shimron Hetmyer 81* (54) Wanindu Hasaranga 2/19 (4 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die Wes-Indiese span word weens ’n stadige oorskotkoers met 20% van hul wedstrydgeld beboet.[60]
- Wanindu Hasaranga neem met 16 paaltjies die meeste deur ’n bouler tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi nog.[60]
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.[61]
t | ||
Kieron Pollard 44 (31) Josh Hazlewood 4/39 (4 boulbeurte) | David Warner 89* (56) Chris Gayle 1/7 (1 boulbeurt) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Hierdie is beide Chris Gayle en Dwayne Bravo hul laaste T20I-verskyning.[62]
t | ||
Rassie van der Dussen 94* (60) Moeen Ali 1/27 (4 boulbeurte) | Moeen Ali 37 (27) Kagiso Rabada 3/48 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Rassie van der Dussen teken die destyds hoogste individuelle telling deur ’n Suid-Afrikaner in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan – later oortref deur Rilee Rossouw tydens die 2022-toernooi teen Bangladesj.[63][64]
- Kagiso Rabada word die vierde bouler en eerste Suid-Afrikaner wat ’n driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[23][65]
- Om die halfeindrondte te haal moes Suid-Afrika Engeland op 131 lopies of minder beperk.[66]
- Engeland en Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[67]
- Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.[68]
Groep 2
Span | S | W | V | O | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Pakistan | 5 | 5 | 0 | 0 | 10 | +1.583 |
Nieu-Seeland | 5 | 4 | 1 | 0 | 8 | +1.162 |
Indië | 5 | 3 | 2 | 0 | 6 | +1.747 |
Afghanistan | 5 | 2 | 3 | 0 | 4 | +1.053 |
Namibië | 5 | 1 | 4 | 0 | 2 | −1.890 |
Skotland | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | −3.543 |
t | ||
Virat Kohli 57 (49) Shaheen Afridi 3/31 (4 boulbeurte) | Mohammad Rizwan 79* (55) Ravindra Jadeja 0/28 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die 200ste internasionale krieketwedstryd tussen Indië en Pakistan.[69]
- Die Pakistanse vennootskap om die eerste paaltjie met 152 lopies tussen Mohammad Rizwan en Babar Azam is die destyds tweede hoogste tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[70]
- Dit is die eerste keer dat Pakistan Indië in 13 probeerslae in ’n Krieketwêreldbeker- of T20I-wêreldbekerwedstryd kan verslaan.[71]
- Dit is die eerste keer dat Indië ’n T20I-wedstryd met tien paaltjies verloor en Pakistan ’n T20I-wedstryd met dieselfde uitslag wen.[72]
t | ||
Najibullah Zadran 59 (34) Safyaan Sharif 2/33 (4 boulbeurte) | George Munsey 25 (18) Mujeeb Ur Rahman 5/20 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mujeeb Ur Rahman word die agtste bouler en eerste Afghaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[56][73]
- Mujeeb Ur Rahman word ook die eerste speler wat ’n vyf-paaltjie-oes op sy T20I-wêreldbekerdebuut neem.[74]
- Dit is Afghanistan se destyds hoogste T20I-oorwinning volgens aantal lopies.[75]
t | ||
Daryl Mitchell 27 (20) Haris Rauf 4/22 (4 boulbeurte) | Mohammad Rizwan 33 (34) Ish Sodhi 2/28 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Tim Southee (NZ) neem sy 100ste T20I-paaltjie.[76]
t | ||
Michael Leask 44 (27) Ruben Trumpelmann 3/17 (4 boulbeurte) | JJ Smit 32* (23) Michael Leask 2/12 (2 boulbeurte) |
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die eerste keer wat twee assosiaatlede in die tweede rondte van ’n T20I-wêreldbekertoernooi ontmoet.[77]
- Ruben Trumpelmann (Nam) word die eerste bouler wat drie paaltjies in die eerste T20I-boulbeurt neem.[78]
- Dit is Namibië se eerste oorwinning in die tweede rondte van enige IKR-toernooi.[79]
t | ||
Gulbadin Naib 35* (25) Imad Wasim 2/25 (4 boulbeurte) | Babar Azam 51 (47) Rashid Khan 2/26 (4 boulbeurte) |
t | ||
Mohammad Shahzad 45 (33) Jan Nicol Loftie-Eaton 2/21 (4 boulbeurte) | David Wiese 26 (30) Hamid Hassan 3/9 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Mohammad Shahzad word die eerste Afghaanse speler wat die mylpaal van 2000 T20I-lopies haal.[82]
t | ||
Ravindra Jadeja 26* (19) Trent Boult 3/20 (4 boulbeurte) | Daryl Mitchell 49 (35) Jasprit Bumrah 2/19 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t | ||
Mohammad Rizwan 79* (50) David Wiese 1/30 (4 boulbeurte) | David Wiese 43* (31) Imad Wasim 1/13 (3 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.[83]
t | ||
Martin Guptill 93 (56) Safyaan Sharif 2/28 (4 boulbeurte) | Michael Leask 42* (20) Trent Boult 2/29 (4 boulbeurte) |
t | ||
Rohit Sharma 74 (47) Karim Janat 1/7 (1 boulbeurt) | Karim Janat 42* (22) Mohammed Shami 3/32 (4 boulbeurte) |
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die vennootskap om die eerste paaltjie met 140 lopies tussen Rohit Sharma en KL Rahul is die destyds hoogste tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi vir Indië.[70][86]
t | ||
Glenn Phillips 39* (21) Bernard Scholtz 1/15 (3 boulbeurte) | Michael van Lingen 25 (25) Tim Southee 2/15 (4 boulbeurte) |
- Namibië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Namibië is hiermee uit die toernooi geskakel.[87]
t | ||
George Munsey 24 (19) Mohammed Shami 3/15 (3 boulbeurte) | KL Rahul 50 (19) Mark Watt 1/20 (2 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- KL Rahul (Ind) slaan die gesamentlik vinnigste vyftigtal tydens die toernooi (in 18 aflewerings).[88]
t | ||
Najibullah Zadran 73 (48) Trent Boult 3/17 (4 boulbeurte) | Kane Williamson 40* (42) Rashid Khan 1/27 (4 boulbeurte) |
t | ||
Babar Azam 66 (47) Chris Greaves 2/43 (4 boulbeurte) | Richie Berrington 54* (37) Shadab Khan 2/14 (4 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Shoaib Malik (Pak) slaan die gesamentlik vinnigste vyftigtal tydens die toernooi (in 18 aflewerings).[88]
t | ||
David Wiese 26 (25) Ravindra Jadeja 3/16 (4 boulbeurte) | Rohit Sharma 56 (37) Jan Frylinck 1/19 (2 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Virat Kohli voer Indië in die vyftigste T20I-wedstryd aan.[92]
- Dit is Virat Kohli se laaste T20I-wedstryd as Indiese kaptein.[93]
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
10 November – Aboe Dhabi | ||||||
Engeland | 166/4 | |||||
Nieu-Seeland | 167/5 | 14 November – Doebai | ||||
Nieu-Seeland | 172/4 | |||||
11 November – Doebai | Australië | 173/2 | ||||
Pakistan | 176/4 | |||||
Australië | 177/5 |
Halfeindrondte
t | ||
Moeen Ali 51* (37) James Neesham 1/18 (2 boulbeurte) | Daryl Mitchell 72* (47) Liam Livingstone 2/22 (4 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Dit is die eerste keer wat Nieu-Seeland tot die T20I-wêreldbekereindwedstryd vorder.[94]
t | ||
Mohammad Rizwan 67 (52) Mitchell Starc 2/38 (4 boulbeurte) | David Warner 49 (30) Shadab Khan 4/26 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shadab Khan (Pak) behaal die beste boulsyfers in ’n T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.[95]
Eindstryd
t | ||
Kane Williamson 85 (48) Josh Hazlewood 3/16 (4 boulbeurte) | Mitchell Marsh 77* (50) Trent Boult 2/18 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Kane Williamson (NZL) slaan ná Marlon Samuels (WI) tydens die 2016-toernooi die gesamentlik hoogste telling in ’n T20I-wêreldbekereindstryd.[96]
- Mitchell Marsh (Aus) slaan die vinnigste T20I-vyftigtal in ’n T20I-wêreldbekereindstryd (in 31 aflewerings).[96]
T20I-wêreldkampioen 2021 |
---|
Australië |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 16 deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2021.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | +/– | P | LT |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Australië | 1 | 7 | 6 | 0 | 1 | 990 | 976 | +14 | 12 | — |
2 | Nieu-Seeland | 2 | 7 | 5 | 0 | 2 | 1044 | 975 | +69 | 10 | — |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Pakistan | 2 | 6 | 5 | 0 | 1 | 989 | 870 | +119 | 10 | — |
4 | Engeland | 1 | 6 | 4 | 0 | 2 | 816 | 797 | +19 | 8 | — |
In die Super Twaalf uitgeskakel | |||||||||||
5 | Suid-Afrika | 1 | 5 | 4 | 0 | 1 | 683 | 669 | +14 | 8 | +0.739 |
6 | Indië | 2 | 5 | 3 | 0 | 2 | 696 | 624 | +72 | 6 | +1.747 |
7 | Afghanistan | 2 | 5 | 2 | 0 | 3 | 765 | 641 | +124 | 4 | +1.053 |
8 | Sri Lanka | A/1 | 8 | 5 | 0 | 3 | 1110 | 1045 | +65 | 10 | — |
9 | Wes-Indië | 1 | 5 | 1 | 0 | 4 | 666 | 689 | –23 | 2 | −1.641 |
10 | Namibië | A/1 | 8 | 3 | 0 | 5 | 988 | 1146 | –158 | 6 | — |
11 | Skotland | B/2 | 8 | 3 | 0 | 5 | 955 | 1159 | –204 | 6 | — |
12 | Bangladesj | B/1 | 8 | 2 | 0 | 6 | 1059 | 968 | +91 | 4 | — |
In die eerste rondte uitgeskakel | |||||||||||
13 | Oman | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 380 | 405 | –25 | 2 | −0.025 |
14 | Ierland | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 333 | 403 | –70 | 2 | −0.853 |
15 | Nederland | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 314 | 318 | –4 | 0 | −2.460 |
16 | Papoea-Nieu-Guinee | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 374 | 477 | –103 | 0 | −2.655 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies:[1]
| Meeste paaltjies:[2]
|