Tsjeggiese nasionale rugbyspan

Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan verteenwoordig Tsjeggië in rugby op internasionale vlak. Rugby in Tsjeggië word deur die Tsjeggiese Rugbyunie (Tsjeggies: Česká Rugbyová Unie) geadministreer. Die Tsjeggiese rugbyspan is tans (18 Desember 2019) 37ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Tsjeggië
UnieTsjeggiese Rugbyunie
Afrigter(s)Miroslav Němeček en Pavel Pala
Kaptein(s)Marek Loutocký
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetsePavel Syrovy (28)[1]
Meeste punteMartin Kafka (153)[2]
Meeste drieëJan Rohlik (7)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 5–21 Roemenië Vlag van Roemenië
(22 Mei 1927)
Vlag van Andorra Andorra 6–3 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(15 Mei 1993)
Grootste oorwinning
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 95–5 Vlag van Kroasië Kroasië
(7 April 2002)
Grootste nederlaag
Vlag van Italië Italië 104–8 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(Viadana, Italië; 18 Mei 1994)
Unie webwerf
www.rugbyunion.cz
Spanje speel teen Tsjeggië op 3 November 2007 in Madrid, Spanje

Die span het vir die eerste keer in 1993 as Tsjeggië rugby begin speel nadat Tsjeggo-Slowakye verdeel is. Voor die ontbinding het die span as Tsjeggo-Slowakye gespeel. Die span speel in die Europese Rugbykampioenskap. Die span het tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker gekwalifiseer nie, al ding hulle sedert 1995 in die kwalifisering mee. Die sport is in die land nog steeds op amateurvlak, maar daar is verskeie Tsjeggiese spelers wat in Frankryk professioneel speel, waaronder Martin Jágr.

Geskiedenis

Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan in Amsterdam, nadat hulle Nederland tydens die 2010/12-Europese Nasiesbeker 25–13 geklop het

In 2005 het Tsjeggië die Australiese Superrugbyspan Waratahs na Praag genooi, maar met 3–94 verloor.[5]

Tsjeggië het op 16 Desember 2009 Hongkong op Synot Tip Arena in Praag met 17–5 geklop. Dit was die laaste wedstryd vir ses spelers:[6] Antonín Brabec, Jan Macháček, Jan Oswald, Pavel Syrový, Ladislav Vondrášek en Jan Žíla.

Tsjeggië is in 2014 van die Europese Nasiesbeker se Eerste Divisie na die Tweede Divisie afgegradeer, nadat hulle op die sesde plek in hul groep geëindig het.

Op 9 November 2016 het Tsjeggië ter herdenking van die Tsjeggiese Rugbyunie se 90ste verjaarsdag in ’n historiese wedstryd teen die Britse Barbarians te staan gekom. Dié wedstryd is op die Marketa-stadion in Praag aangebied. Hulle is egter deur die Barbarians 71–0 geklop.[7][8]

Rekords

Algehele rekord

Tsjeggië het teen 18 Desember 2019 124 van hulle 286 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 43,36%.[9] Dit sluit Tsjeggo-Slowakye se statistiek in.

Tsjeggië se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 18 Desember 2019)[9]

TeenGespeelGewenVerloorGelykop% Gewen
Andorra321066,67
België1375157,69
 Britse Barbarians10100
Bulgarye651083,33
Denemarke2200100
Duitsland1129018,18
Frankryk1001000
Georgië80800
Hongarye2200100
Hongkong1100100
Israel320183,33
Italië13111011,53
Italië B10100
Kroasië651083,33
Letland2200100
Litaue211050
Luxemburg2200100
Malta3300100
Marokko633050
Moldowa734042,85
Oekraïne954055,55
Oos-Duitsland11101090,90
Pole351617238,57
Portugal1201200
Roemenië2502412
Roemenië A10100
Roemenië B312033,33
Rusland826025
Serwië871087,50
Sowjetunie624033,33
Spanje1348134,61
Swede1082080
Switserland862075
Tunisië523040
Wes-Duitsland1393173,07
Totaal286124154843,36

Wêreldbekerrekord

JaarUitslag
1987Nie genooi nie
1991Nie gekwalifiseer nie
1995Nie gekwalifiseer nie
1999Nie gekwalifiseer nie
2003Nie gekwalifiseer nie
2007Nie gekwalifiseer nie
2011Nie gekwalifiseer nie
2015Nie gekwalifiseer nie
2019Nie gekwalifiseer nie
2023Nie gekwalifiseer nie
2027N.v.t.
2031N.v.t.

Verwysings

Eksterne skakels