Rugbywêreldbeker 2015

Die Rugbywêreldbeker 2015 (Engels: 2015 Rugby World Cup; Wallies: Cwpan Rygbi’r Byd 2015) is van 18 September tot 31 Oktober 2015 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die agtste rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die vierde in die Noordelike Halfrond. Engeland het voorheen tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die destydse Vyfnasies Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aangebied.

Rugbywêreldbeker 2015
Toernooibesonderhede
GasheerVlag van Engeland Engeland
Vlag van Wallis Wallis
Datums18 September – 31 Oktober
Aantal nasies20 (96 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Naaswenner Vlag van Australië Australië
Derde plek Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Toernooistatistiek
Wedstryde48
Bywoning2 477 805 (gem. 51 621 per wedstryd)
Drieë271 (gemiddeld 5.65 per wedstryd)
Meeste punteVlag van Argentinië Nicolás Sánchez (97)[1]
Meeste drieëVlag van Nieu-Seeland Julian Savea (8)[2]
2011
2019
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die toernooi se formaat van 2003, 2007 en 2011 het onveranderd gebly en 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2015 deelgeneem: die twaalf regstreekse kwalifiseerders van die 2011-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Nieu-Seeland, Samoa, Skotland, Suid-Afrika, Tonga en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Fidji, Georgië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die Rugbywêreldbeker 2015 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2019 in Japan gekwalifiseer het.

Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2015 is Nieu-Seeland, Australië, Suid-Afrika en Ierland as gunstelinge op die titel beskou.[3] Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Australië met 34–17 gewen en sodoende sy derde wêreldtitel ingepalm. Daarmee het Nieu-Seeland die eerste nasionale rugbyspan geword wat die beker kon verdedig en ook vir ’n derde keer kon wen.[4] Daarbenewens was dit die tweede eindstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee spanne van die Suidelike Halfrond gesien het, ná die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika, en die eerste halfeindrondte sonder spanne van die Noordelike Halfrond.[5] Twickenham het ná Edenpark in Auckland die tweede rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer – ná die 1991-toernooi – gehuisves het.[6] Suid-Afrika het in die derde en Argentinië in die vierde plek geëindig. Namibië is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel. Vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis was daar geen debutante nie.

Die wedstryd tussen Japan en Suid-Afrika tydens die openingsnaweek, waarin Japan die beslissende drie in ekstra tyd teen die gunsteling Suid-Afrika kon druk, word algemeen as die “grootste ontsteltenis” in die rugbygeskiedenis beskou.[7] Vervolgens het dié toernooi van die begin af baie media-aandag geniet. Die gasheer Engeland is ná nederlae teen Wallis en Australië reeds in die groepfase uitgeskakel; dit was die eerste keer in die toernooi se geskiedenis wat ’n nominale gasheer nie tot die uitklopfase kon vorder nie. Daarbenewens was Japan, as gevolg van minder bonuspunte, die eerste span met drie oorwinnings wat nie tot die kwarteindrondte kon vorder nie.[8][9]

Toewysing

Kaart van die kandidaatlande vir die Rugbywêreldbeker 2015

Die wêreldbeheerliggaam Wêreldrugby (tot 2014: Internasionale Rugbyraad) het tot op 15 Augustus 2008 vir bode van belangstellende lande wat die Rugbywêreldbeker 2015 of Rugbywêreldbeker 2019 wou aanbied tyd gegee. Tot op hierdie datum was slegs ’n formele verklaring sonder gedetailleerde planne voldoende. ’n Rekord van tien lande het vervolgens hul belangstelling vir een van die twee toernooie aangekondig: Australië, Engeland, Ierland, Italië, Jamaika, Japan, Rusland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.[10] Van hierdie tien lande het ses hul kandidatuur in die eerste helfte van 2009 teruggetrek. Engeland, Italië, Japan en Suid-Afrika was vervolgens die moontlike kandidaatlande; met Engeland en Japan as gunstelinge.[11]

Tydens ’n spesiale vergadering van die Internasionale Rugbyraad wat op 28 Julie 2009 in Dublin gehou is, is die Rugbywêreldbeker 2015 aan Engeland toegeken, terwyl die Rugbywêreldbeker 2019 aan Japan toegewys is.[12][13]

Engeland was daarmee vir die tweede keer ná 1991 (nominale) gasheer van ’n rugbywêreldbekertoernooi. Die Rugbywêreldbeker 2015 het tot die Verenigde Koninkryk se “Dekade van Sport” met groot sporttoernooie soos die Olimpiese Somerspele 2012 en Paralimpiese Somerspele 2012 in Londen, Statebondspele 2014 in Glasgow, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 (wat egter aan Rusland toegewys is) en Krieketwêreldbeker 2019 in Engeland en Wallis behoort.[14][15][16]

Deelnemers

Kwalifisering

Naas die nominale gasheer Engeland, wat ook met sy deelname aan die kwarteindrondte van die Rugbywêreldbeker 2011 gekwalifiseer het, het ook die ander sewe deelnemers aan die kwarteindrondte en die vier derdeplek-spanne van die 2011-groepfase vir die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer. Vervolgens is agt van die 20 plekke van die toernooi tydens die kwalifisering uitgespeel. Die kwalifiseringstoernooi is in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Amerikas, Asië, Europa en Oseanië. Twee plekke elk is vir die nasionale spanne van die Amerikas en Europa gereserveer en een elk vir Afrika, Asië en Oseanië. Die oorblywende plek is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte beslis.[17] As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 96 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Engeland en Wallis.

Die volgende spanne het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer: Engeland as gasheer en kwarteindrondtespan 2011, Nieu-Seeland as verdedigende kampioen, Frankryk as naaswenner en Australië as derde plek in 2011, Wallis as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Ierland, Suid-Afrika en Argentinië, asook die derde plekke in die groepfase Skotland, Samoa, Tonga en Italië. In Augustus 2013 het Kanada as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle die Verenigde State met ’n algehele telling van 40–20 verslaan het.[18] Amerikas 2 is in Maart die volgende jaar gevul toe die Verenigde State Uruguay met ’n algehele telling van 59–40 geklop het.[19] In dieselfde maand het Georgië as Europa 1 gekwalifiseer en Roemenië as Europa 2.[20] Twee maande later het Japan die enigste Asiatiese toekenning gewen.[21] In Junie 2014 is Fidji bevestig as as kwalifiseerder van Oseanië as Oseanië 1.[22] Een maand later het Namibië vir sy vyfde agtereenvolgende wêreldbekertoernooi gekwalifiseer toe die span die Afrikabeker met ’n beter punteverskil beklink het.[23] Uruguay het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span Rusland met ’n algehele telling van 57–49 geklop het.[24]

Kwalifiserende spanne

Die volgende 20 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer. Dieselfde 20 lande het ook aan die toernooi in 2003 deelgeneem. Uruguay, wat Rusland vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 2011.

Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 96 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Uitslag van die kwalifisering:

   Gasheer

   Twaalf beste spanne van die 2011-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroep
EngelandNominale gasheerAgtste2011Kampioen (2003)A
ArgentiniëRegstreeksAgtste2011Derde plek (2007)C
AustraliëAgtste2011Kampioen (1991, 1999)A
FrankrykAgtste2011Naaswenner (1987, 1999, 2011)D
  IerlandAgtste2011Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011)D
ItaliëAgtste2011Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)D
Nieu-SeelandAgtste2011Kampioen (1987, 2011)C
SamoaSewende2011Kwarteindrondte (1991, 1995)B
SkotlandAgtste2011Vierde plek (1991)B
Suid-AfrikaSesde2011Kampioen (1995, 2007)B
TongaSewende2011Groepfase (1987, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)C
WallisAgtste2011Derde plek (1987)A
FidjiOseanië 1Sewende2011Kwarteindrondte (1987, 2007)A
GeorgiëEuropa 1Vierde2011Groepfase (2003, 2007, 2011)C
JapanAsië 1Agtste2011Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)B
KanadaAmerikas 1Agtste2011Kwarteindrondte (1991)D
NamibiëAfrika 1Vyfde2011Groepfase (1999, 2003, 2007, 2011)C
RoemeniëEuropa 2Agtste2011Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)D
UruguayUitspeelwennerDerde2003Groepfase (1999, 2003)A
Verenigde StateAmerikas 2Sewende2011Groepfase (1987, 1991, 1999, 2003, 2007, 2011)B

Stadions

Anders as oorspronklik beplan kon Manchester se Old Trafford tydens die Rugbywêreldbeker 2015 nie gebruik word nie

Ná die besluit van die Internasionale Rugbyraad op 28 Julie 2009 is die voorgestelde stadions vir die toernooi bekendgestel. Op 2 Mei 2013 is die finale plekke saam met die toernooiformaat bevestig.[25] Elf stadions is in Engeland gekies, terwyl die Millenium-stadion in Wallis geleë is. Reeds in 2011 het die IRR die gebruik van die Millenium-stadion weens sy kapasiteit en ligging goedgekeur, ondanks die feit dat dit buite die gasheerland is.[26] Slegs twee plekke (Kingsholm-stadion en Sandy Park) is spesifiek vir rugby ontwerp; twee is nasionale rugbystadions (Twickenham en Millennium); twee is veeldoelig (Wembley en Olimpiese Stadion) en die ander sewe is sokkerstadions.[27]

Voorgestelde stadions wat nie die kortlys gemaak het nie, sluit in Stadium of Light in Sunderland, Ricoh Arena in Coventry, das St. Mary’s-stadion in Southampton, Pride Park-stadion in Derby, Anfield in Liverpool en Ashton Gate-stadion in Bristol.[28] In April 2013 het Manchester United FC uit ’n ooreenkoms onttrek dat wedstryde op Old Trafford gespeel kan word. Die rede hiervoor is dat die stadion reeds bespreek was vir Rugby League-wedstryde en die Grand Finale daarvan en dat hulle nie die speeloppervlak beskadig wil hê nie.[29] Met Rugby World Cup Limited wat graag wedstryde in Noordwes-Engeland wou sien, is Manchester City FC genader oor die verhuring van die Stad Manchester-stadion as plaasvervanger. Manchester City sou gasheer wou speel vir slegs een wedstryd gedurende die sokkerseisoen, twee minder as wat vir Old Trafford beplan is.[30]

Op 2 Mei 2013 is die stadions vir die toernooi bevestig.[31] Twickenham was gasheer vir die eindstryd, die twee halfeindstryde, een kwarteindstryd en vier groepwedstryde, waaronder die openingswedstryd. Die Millennium-stadion het twee kwarteindstryde en ses groepwedstryde gekry en Wembley die vierde een. Die Londense Olimpiese Stadion het die bronseindstryd en vier groepwedstryde gehuisves. Al die ander stadions is vir groepwedstryde gebruik.[32]

Londen, Groter Londen Cardiff, Wallis Newcastle, Tyne and Wear
TwickenhamWembleyOlimpiese StadionMillenniumSt. James’ Park
51°27′22″N 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W / 51.45611; -0.34167 (Twickenham-stadion)51°33′21″N 0°16′47″W / 51.55583°N 0.27972°W / 51.55583; -0.27972 (Wembley-stadion)51°32′19″N 0°00′59″W / 51.53861°N 0.01639°W / 51.53861; -0.01639 (Olimpiese Stadion (Londen))51°28′40″N 3°11′00″W / 51.47778°N 3.18333°W / 51.47778; -3.18333 (Millennium-stadion)54°58′32″N 1°37′18″W / 54.97556°N 1.62167°W / 54.97556; -1.62167 (St. James’ Park)
Kapasiteit: 82 000Kapasiteit: 90 000Kapasiteit: 54 000Kapasiteit: 74 500Kapasiteit: 52 387
Manchester, Groter Manchester Birmingham, Wes-Midlands
Stad Manchester-stadionVilla Park
53°28′59″N 2°12′1″W / 53.48306°N 2.20028°W / 53.48306; -2.20028 (Stad Manchester-stadion)52°30′33″N 1°53′5″W / 52.50917°N 1.88472°W / 52.50917; -1.88472 (Villa Park)
Kapasiteit: 47 805Kapasiteit: 42 788
Leeds, Wes-Yorkshire Leicester, Leicestershire
Elland RoadKing Power-stadion
53°46′40″N 1°34′20″W / 53.77778°N 1.57222°W / 53.77778; -1.57222 (Elland Road)52°37′13″N 1°8′32″W / 52.62028°N 1.14222°W / 52.62028; -1.14222 (King Power-stadion)
Kapasiteit: 37 900Kapasiteit: 32 262
Milton Keynes, Buckinghamshire Brighton, Oos-Sussex Gloucester, Gloucestershire Exeter, Devon
Stadion MKFalmer-stadionKingsholm-stadionSandy Park
52°00′34″N 00°44′00″W / 52.00944°N 0.73333°W / 52.00944; -0.73333 (Stadion MK)50°51′42″N 0°4′59.80″W / 50.86167°N 0.0832778°W / 50.86167; -0.0832778 (Falmer-stadion)51°52′18″N 2°14′34″W / 51.87167°N 2.24278°W / 51.87167; -2.24278 (Kingsholm-stadion)50°42′33.51″N 3°28′3.26″W / 50.7093083°N 3.4675722°W / 50.7093083; -3.4675722 (Sandy Park)
Kapasiteit: 32 000Kapasiteit: 30 750Kapasiteit: 16 500Kapasiteit: 10 744

Formaat

Calverley-straat in Leeds, Wes-Yorkshire, op die vooraand van die Rugbywêreldbeker 2015

Die Rugbywêreldbeker 2015 is oor 44 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 18 September 2015 afgeskop op Twickenham met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en Fidji. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 31 Oktober met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Australië, waartydens die All Blacks die Webb Ellis-beker verdedig het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2015 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
September/Oktober
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
So
11
SeremoniesOS
Groep A111111112
Groep B111112111
Groep C1111111111
Groep D21111112
Uitklopfase
Oktober
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
31
SeremoniesSS
Uitklopfase221111
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

Die loting vir die Rugbywêreldbeker 2015 het op 3 Desember 2012 in die Londense Tate Modern plaasgevind

Die eerste rondte, of die groepfase, het 20 lande wat in vier groepe van vyf spanne gedeel is met dieselfde formaat as wat in 2003, 2007 en 2011 gebruik is. Die loting vir die groepfase was op 3 Desember 2012, gedurende die kwalifisering, in die Londense Tate Modern waar die twaalf regstreekse kwalifiseerders in drie groepe gedeel is na aanleiding van hul posisie op die IRR-ranglys. Die loting het plaasgevind ná die Noordelike Halfrond se 2012 eindjaarrugbytoetsreeks wat op 1 Desember klaar was en van die ranglys ná die toetsreeks gebruik gemaak.[33][34] Die loting se vroeë datum, drie jaar voor die toernooi, is gekritiseer en die wêreldbeheerliggaam het belowe om die volgende rugbywêreldbekertoernooi se loting nader aan die toernooi te laat plaasvind.[35]

Die lootstelsel van vorige rugbywêreldbekertoernooie is behou met die twaalf regstreekse kwalifiseerders uit 2011 wat op die lotingsdag aan hul onderskeie groepe toegewys is, gebaseer op hul plek op die IRR-ranglys op 1 Desember 2012:

  • Groep 1: Die vier beste gekeurde spanne
  • Groep 2: Die vier naasbeste gekeurde spanne
  • Groep 3: Die vier laagste regstreekse kwalifiseerders

Die oorblywende twee groepe bestaan uit die agt bykomende spanne, met die toewysing in elke groep gebaseer op die vorige Rugbywêreldbekertoernooi:

  • Groep 4: Oseanië 1, Europa 1, Asië 1 en Amerikas 1
  • Groep 5: Afrika 1, Europa 2, Amerikas 2 en uitspeelwedstrydwenner

Die groepe is soos volg (in hakies is die ranglysplasing vóór die loting:[36][37]

Groep 1Groep 2Groep 3Groep 4Groep 5

Ná die loting op 3 Desember 2012 lyk die groepe soos volg):[38]

Groep AGroep BGroep CGroep D

Australië[n 1]
Engeland[n 1][n 2]
Wallis[n 1]
Fidji
Uruguay

Suid-Afrika[n 1]
Samoa[n 1]
Skotland[n 1]
Japan
Verenigde State

Nieu-Seeland[n 1]
Argentinië[n 1]
Tonga[n 1]
Georgië
Namibië

Frankryk[n 1]
  Ierland[n 1]
Italië[n 1]
Kanada
Roemenië

Groepfase

’n Reuse rugbybal, Match XV – die amptelike rugbybal van die Rugbywêreldbeker 2015 – by die Cardiff-kasteel in Wallis op die vooraand van die Rugbywêreldbeker 2015
Land Rover, borg van die Rugbywêreldbeker 2015, by die aanbieding van die Webb Ellis-beker

Soos in die rugbywêreldbekertoernooie van 2003, 2007 en 2011 is die 20 spanne wat vir die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer het in vier groepe verdeel. Die groepe is verdeel van Groep A tot Groep D en elke groep het bestaan uit vyf spanne. Elke groep het drie regstreekse kwalifiseerders van die Rugbywêreldbeker 2011 bevat, met die ander twee plekke wat deur die kwalifiseringstelsel gevul is. Elke land het een keer teen elke ander span in sy groep gespeel: elke land het dus vier wedstryde tydens die groepfase gespeel.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • twee vir ’n gelykopuitslag;
  • geen vir ’n nederlaag;
  • Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.[39]

Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling is toegeken in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):

  • ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag);
  • ’n span verloor met sewe punte (’n verdoelde drie) of minder.[39]

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee of meer spanne ewe veel punte behaal het, is ’n kriteriastelsel gebruik om te bepaal watter span ’n hoër rang gehad het. Die kriteriastelsel het berus op ’n gedetailleerde analise van die wedstryde waaraan die spanne deelgeneem het. As geen uitslag met die stelsel bereik kon word nie, is die span wat die hoër rang op die amptelike ranglys van Wêreldrugby gehad het (soos gepubliseer op 12 Oktober 2015) die hoër rang toegeken.[39]

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.[39]

2015-effek op 2019-kwalifisering

Soos tydens die rugbywêreldbekertoernooie van 2007 en 2011 het die beste drie spanne in elke groep regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2019 in Japan gekwalifiseer. Hulle was Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Georgië, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.

Kaartjies en borgskappe

Amptelike 2015 Rugbywêreldbeker-winkel

Kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2015 is in vyf fases verdeel. Die eerste-fase-kaartjies is op 1 Januarie 2014 vrygestel toe oorsese aanhangers die geleentheid gebied is om verskeie kaartjiepakkette aan te skaf. Op 1 Februarie 2014 is gasvryheidspakkette vrygestel. In Mei en Junie dieselfde jaar is aanhangers die geleentheid gegee om kaartjies by rugbyklubs te koop. In September 2014 is met die algemene kaartjieverkoop begin en vanaf November 2014 is in die laaste fase die oorblywende kaartjies vrygestel.[40] In Oktober 2014 is daar aangekondig dat daar reeds 950 000 van die 2,4 miljoen kaartjies verkoop is.[41] Altesaam is daar 2,42 miljoen kaartjies verkoop, wat die 2007-toernooi se 2,25 miljoen oorskry en die 2011-toernooi se 1,6 miljoen uitoorlê.[42]

Die wêreldwye vennote van die toernooi was Heineken, Land Rover, Société Générale, DHL, Emirates en Mastercard, en die amptelike borge sluit in Coca-Cola, Canon en Toshiba.[43] Gilbert het die rugbyballe vir die toernooi verskaf en die Match XV-wedstrydbal is deurgaans in die toernooi gebruik. Dit sit Gilbert se betrokkenheid by rugbywêreldbekertoernooie voort nadat die maatskappy die Barbarian- (1995), Revolution- (1999), Xact- (2003), Synergie- (2007) en Virtuo-balle (2011) vir vorige toernooie verskaf het.[44] Saam met Gilbert was die amptelike verskaffers Canterbury, Clifford Chance, EY, Dove en Duracell.[43]

Betrokkenes

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van twaalf skeidsregters, sewe lynregters en vier televisieskeidsregters is vir die groepfase ingespan.[45]

Skeidsregters

Lynregters
Televisieskeidsregters

Spanne

Elke land kon 31 spelers vir die toernooi kies. Die spanne moes teen 31 Augustus 2015 aan Wêreldrugby voorgelê word. Nadat die span voorgelê is, kon ’n beseerde speler vervang word, maar so ’n speler is nie toegelaat om weer by die span aan te sluit nie. Daar was ook ’n uitstaanperiode van 48 uur voordat die nuwe speler toegelaat is om die veld in te neem. Gevolglik sal ’n plaasvervanger wat op die vooraand van ’n wedstryd in die span ingeroep is, nie toegelaat word om in daardie wedstryd te speel nie.[46]

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2019.
Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2019.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2019 mis.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die drie beste spanne regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer het.

Groep A

Australië klop Engeland met 33–13 op Twickenham in Londen
SpanSWGVP vP t+/−D vBPP
Australië440014135+10617117
Wallis430111162+4911113
Engeland420213375+5816311
Fidji410384101–171015
Uruguay400430226–196200

Groep B

Suid-Afrika klop die VSA met 64–0 op die Olimpiese stadion in Londen
SpanSWGVP vP t+/−D vBPP
Suid-Afrika430117656+12023416
Skotland430113693+4314214
Japan430198100–29012
Samoa410369124–55726
Verenigde State400450156–106500

Groep C

Nieu-Seeland klop Argentinië met 26–16 op Wembley in Londen
SpanSWGVP vP t+/−D vBPP
Nieu-Seeland440017449+12525319
Argentinië430117970+10922315
Georgië420253123–70508
Tonga410370130–60826
Namibië400470174–104811

Groep D

Ierland klop Kanada op die Millennium-stadion in Cardiff met 50–7
SpanSWGVP vP t+/−D vBPP
  Ierland440013435+9916218
Frankryk430112063+5712214
Italië42027488–147210
Roemenië410360129–69704
Kanada400458131–73722

Uitklopfase

Nieu-Seeland nadat hulle in 2015 as die wêreldkampioen gekroon is
KwarteindrondteHalfeindrondteEindrondte
          
17 Oktober – Twickenham    
  Suid-Afrika 23
24 Oktober – Twickenham
  Wallis 19 
  Suid-Afrika 18
17 Oktober – Millennium
   Nieu-Seeland 20 
  Nieu-Seeland 62
31 Oktober – Twickenham
  Frankryk 13 
  Nieu-Seeland 34
18 Oktober – Millennium
   Australië 17
    Ierland 20
25 Oktober – Twickenham
  Argentinië 43 
  Argentinië 15Uitspeel om derde plek
18 Oktober – Twickenham
   Australië 29 30 Oktober – Olimpiese Stadion
  Australië 35
   Suid-Afrika 24
  Skotland 34 
  Argentinië 13

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 2015
Nieu-Seeland

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2015.[97]

Uitslag van die Rugbywêreldbeker 2015:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

RangSpanGroepSWGVPDrieëDoelskoppeStrafdoeleSkepdoele
1 Nieu-SeelandC77002903928112
2 AustraliëA76012222817160
3 Suid-AfrikaB75022412615252
4 ArgentiniëC74032502723212
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5   IerlandD54011541814120
6 FrankrykD53021331313140
7 SkotlandB53021701714190
8 WallisA53021301211151
In die groepfase uitgeskakel
9 JapanB43019897130
10 EngelandA42021331610101
11 ItaliëD4202747690
12 GeorgiëC4202535560
13 FidjiA41038410860
14 TongaC4103708380
15 SamoaB41036975100
16 RoemeniëD4103607550
17 NamibiëC4004708660
18 KanadaD4004587450
19 Verenigde StateB4004505270
20 UruguayA4004302160
Algeheel4824392711972248

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:[1]
NaamPunte
1 Nicolás Sánchez97
2 Handré Pollard93
3 Bernard Foley82
Dan Carter
5 Greig Laidlaw79
6 Ayumu Goromaru58
7 Dan Biggar56
8 Tommaso Allan44
9 Owen Farrell43
10 Julian Savea40
Meeste drieë gedruk:[2]
NaamDrieë
1 Julian Savea8
2 Nehe Milner-Skudder6
3 Bryan Habana5
Gareth Davies
JP Pietersen
Juan Imhoff
7 Adam Ashley-Cooper4
Drew Mitchell
D.T.H. van der Merwe
Tommy Seymour

Sien ook

Notas

Verwysings

Eksterne skakels

Rugbywêreldbeker

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031