Uitroepteken

Die uitroepteken (!) word geplaas ná uitroepe en bevele, sinne wat emosie soos woede of verbasing uitdruk, of sinne wat hard uitgespreek word. (AWS, 2017)

Stemvolume

Enige woord, frase of sin in die direkte rede wat hard en skielik uitgespreek moet word, eindig met 'n uitroepteken. Bv: "Skoert!" skree die man vir die hond.

Affek

  • Die uitroepteken wat ná 'n woord, frase of sin geplaas word, dui affek soos verbasing, ongeloof, blydskap of sarkasme aan. Bv: Eina!
  • Wanneer 'n uitroepteken binne 'n sin gebruik word om affek met betrekking tot die voorafgaande woord aan te dui, word dit tussen hakies geplaas. Bv: Ek vind mos uit my getroue geliefde (!) belieg my nog die hele tyd.
  • Bevele en waarskuwings word in die reël met 'n uitroepteken afgesluit. Bv: Kom hier! Gou!

Bron

Eksterne skakels