Vierkante meter

SI eenheid vir oppervlak

Vierkante meter of kwadraatmeter (simbool ) is 'n SI eenheid vir oppervlak. Dit word gedefinieer as die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een meter lank is. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:

  • 0.000 001 vierkante kilometer (km2)
  • 10,000 vierkante sentimeters (cm2)
  • 0.000 1 hektaar (ha)
  • 0.000 247 105 381 akker
  • 10.763 911 vierkante voet
  • 1,550.003 1 vierkante duim
'n Vierkante meter gevorm deur vier pype, elkeen met 'n lengte van een meter, op 'n veld uitgelê.