1ste Dinastie van Egipte

Die 1ste Dinastie (ook Dinastie I geskryf) was die eerste dinastie van Antieke Egipte ná die vereniging van Bo- en Benede-Egipte. Dit het geduur van omstreeks 3100 tot 2890 v.C. en was die begin van die Egiptiese historiese tyd. Dié dinastie word saam met die 2de Dinastie beskou as die sogenaamde Vroegdinastiese Tydperk, met die mag in Thinis.

Heersers

Die bekendste heersers van die 1ste Dinastie was:

Naam Notas Bewind
NarmerMoontlik Menes op vroeëre lysteOmstreeks 3130–3050 v.C.
Hor-AhaOmstreeks 3080 v.C.
DjerOmstreeks 3073–3036 v.C. 41 jaar.
Djet3008–2975 v.C.?
MerneithDie ma van Den3008/2946–2916 v.C.
Den2975–2935 of 2928–2911 v.C. 19 tot 50 jaar.
Anedjib2916–2896 v.C. 20 jaar.
Semerchet2912–2891 v.C.? 20 jaar.
Qa'a2906–2886 v.C.? 30 jaar.

Inligting oor die dinastie kom van ’n paar monumente en ander voorwerpe met koninklike name, sowel as die Den- en Qa'a-koningslyste.[1]

Groot grafkelders van farao's by Abydos en Naqada, asook begraafplase by Saqqara en Helwan naby Memphis, wys strukture is hoofsaaklik van hout en modderstene gebou, met minimale gebruik van stene vir mure en vloere. Klip is gebruik vir ornamente en standbeelde. Tamariskhout is gebruik vir die maak van bote.

Menslike offerandes

Dat mense geoffer is as deel van begrafnisrituele, blyk uit die feit dat mense (en diere) doodgemaak en naby die farao begrawe is. Daar is 338 individue saam met Djer begrawe.[2] Die mense en diere moes die farao in die hiernamaals bystaan. Om die een of ander rede is die praktyk aan die einde van die dinastie beëindig.

Verwysings

Voorafgegaan deur
Voordinastiese tyd
1ste DinastieOpgevolg deur
2de Dinastie