7 Iris

asteroïde

Iris (kleinplaneetnaam: 7 Iris) is ’n groot asteroïde in die asteroïdegordel. Dit is die vierde helderste voorwerp in die gordel en word geklassifiseer as ’n S-tipe asteroïde, wat beteken dit het ’n klipagtige samestelling. Dit het ’n groot helder streek in sy noordelike halfrond.[7] Dit is oor die algemeen baie helder en sy oppervlaksamestelling is waarskynlik ’n mengsel van nikkel-yster met magnesium-en-ystersilikate.

7 Iris   

7 Iris tussen talryke sterre.
Ontdekking
Ontdek deur John Russell Hind
Datum 13 Augustus 1847
Kleinplaneet-benaming(7) Iris
Kleinplaneet-kategorie Asteroïdegordel
Etimologie Iris
(Griekse godin)
Wentelbaaneienskappe
Epog 26 November 2005
Afelium 2,937 AE
Perihelium 1,833 AE
Halwe lengteas 2,385 AE
Wentelperiode 3,68 jaar
(1 345,375 dae)
Gem. omwentelingspoed 19,03 km/s
Gem. anomalie 269,531°
Baanhelling 5,527°
Lengteligging van stygende nodus 259,727°
Periheliumhoek 145,440°
Fisiese eienskappe
Afmetings 240 × 200 × 200 km[1]
225 × 190 × 190 km[2]
199.8 ± 10 km[3]
Oppervlakte 135 000 km2
Volume 4 630 000 km3
Massa 1,62 ± 0,09 ×1019 kg[1]
Gem. digtheid 3,21 ± 0,49 g/cm³[1]
Rotasieperiode 0,2975 dae[4]
Rotasiespoed
by ewenaar
25,4 m/s
Temperatuur ~171 K
maks.: 275 K (+2 °C)
Spektraaltipe: S
Skynmagnitude 6,7[5][6] tot 11,4
Absolute magnitude 5,51
Hoekgrootte 0,32" tot 0,07"

Iris het met opposisie ’n gemiddelde skynbare magnitude van +7,8, vergelykbaar met dié van Neptunus, en kan met die meeste opposisies met ’n verkyker gesien word. Dit is dan meestal helderder as die groter maar donkerder 2 Pallas.[8] Soms kan dit naby perihelium ’n magnitude van +6,7 bereik, wat helderder as 1 Ceres is.

Verwysings

Eksterne skakels